Kaapstad na Koedoeskloof

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MickeyT

Race Dog
Joined
Feb 26, 2013
Messages
1,199
Reaction score
33
Location
Fish Hoek
Bike
KTM 990 Adventure
Ek wou al lankal n draai by Veldtie en Veldblom maak, en ons kry toe n datum van die naweek van 2-4 Januarie.  Ek en Abraham besluit om die Vrydagmiddag al na werk te ry tot op Botrivier en daar in die hotel oor te bly, en dan die volgende dag vir Salty en Karl op Koedoeskloof te kry nadat ons Ouberg- en Seweweekpoortpasse gedoen het.

Botrivier Hotel se kos en slaapplek was rerig goed, maar moet sê - snaakse local karakters wat daar uithang.  So sit ek en Abe en suig aan n paar biere en sien toe n jongerige groterige ou opdaag met n tiervelprint help-my-sterk-lyk-hempie en pers hare.  I kid you not.  So twee sopies later laat een van sy vriende/pa/oom sy broek sak tot om sy knieë en doop sy ass in die fontyntjie op die stoep.  Helder oordag...

Maar ek wyk af van die storie.  Van Botrivier het ons die volgende oggend meestal gronpad gery - begin met die Van der Stel pas, en 400km later afgesluit met n bier by Koedoeskloof na die Seweweekpoortpas.

Wat n absolute fantastiese rit!  Was my eerste groterige rit na my Lesotho een waar ek my 650 moertoe geval het, so dit het n ruk gevat om my grondpadvoete weer te vind - dié keer met n 1200. 

Koedoeskloof was wat ek verwag het en nog baie meer...  Gasvryheid van Eugene en Veldblom het mens sommer op die intrapslag opgeval, en na Veldtie daai eerste koue Windhoek vir my aangegee het, het ek geweet - HIERNATOE kom ek terug... Sommer gou ook.
 
Top