Tourance Next of Anakee 3

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Sommer Ek

Pack Dog
Joined
Nov 23, 2008
Messages
291
Reaction score
12
Bike
BMW R1200GS
Het tans Tourance Next op maar oorweeg A3's.
2de Agterband en eerste voorband is besig om reg te maak vir pensioen. Tourance het my goed behandel maar indien ek beter myle kan kry waarom nie verander nie. Ek weet nie of ek 10k op 'n agterband gaan kry nie, sal nog moet sien.

90% van die tyd met pillion, en weer daarvan 70% vol gelaai.
Ry soms grondpad indien dit deel van die roete is, maar probeer vermy sand en beslis nie modder nie.
Gemiddelde Spoed: 10-15% vinniger as die verkeer. Indien die pad oop is dan gaan dit bietjie vinniger. Kort en lank is ek hou nie daarvan om tussen 'n klomp karre te wees nie, so ek ry dat ek voor kom.
Ek is nie 'n Pegskraper in die draaie nie.

Op ander forums word dit genoem dat die A3's saam sing op die pad. (Soos Karoo3) As daar gesing word dan sing ek self.
Dit blyk te wees dat al die GS'e nou uitkom met A3's. Dalk het Mitchelin 'n goedkoper kontrak as Metzeler ek weet nie.

Indien daar iemand is wat kennis van beide het sal ek sy of haar insette waardeer.




 
Top