Laeveld toe !!!!!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jakkals

Grey Hound
Joined
May 7, 2009
Messages
6,506
Reaction score
112
Location
George Western Cape
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Om mee te begin, my ouers is al aan die ou kant en kan nie meer alleen die lang pad vat nie en a.g.v my pa se hardkopigheid wat somer reg deur die nag sal wil ry sonder om oor te slaap deel ek elke jaar  my groot verlof op in twee.  Ek vat dan die twee ou mense Nelspruit toe na my suster en dan ry ons daar rond vir 'n paar dae en kom dan terug waar ek dan weer my ding doen.

Die jaar was niks anders behalwe dat Nadine eers nog 'n ruk moes werk terwyl ek op Nelspruit toe was. Ek het beplan om met die fiets te gaan rond ry sodra ek terug is maar kon nog nie vas besluit waarna toe nie, Namibia was aanvanklik in die beplaning maar ek was die vorige Desember met die fiets daar en het toe maar van plan verander.

So na 'n paar dae se rond ry in die Laeveld, Moz en Kruger Park het ons die pad terug gevat George toe, ons het die 26 ste op Nelspruit vertrek en gery tot op Kimberley waar ons oor geslaap het, die 27 ste het ons George toe gery en af gepak, my gat was kriewelrig en ek wou nou op my fiets klim en gaan ry en dus het ek toe somer die 28 ste (my verjaarsdag) dinge in plek gekry en my fiets gepak.

Nadine was toe ook al op verlof en was self reg vir die rond ry al was sy op die stadium nog onder die indruk dat ons Nam toe gaan.  Na ons alles gepak het het en 'n gedeelte van my verjaarsdag saam my ouers spandeer het het die pad geroep, 15H00 het ons gery al weet ons ons sou nie vêr kon ry vir die dag nie maar dit was die begin en 'n goeie opkikker vir die vakansie feeling.

Die beplaning was nie om 'n roete te doen nie maar eerder om weg te kom met die fiets, ek het maar beplan waar ons gaan slaap ens soos ons ry maar die hoof doel was om eers in Mpumalanga te kom en dan daar rond te ry.



Foto's en die res sal volg.
 
Top