Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Laeveld toe !!!!!!!  (Read 31645 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,515
  • Thanked: 245 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #240 on: January 22, 2015, 08:02:04 am »
En daai dogter van my... sy bly PRAGTIG... weet nie wat sy in jou sien nie  :peepwall:

Seker maar ondar jy haar opvou haardroer saamry.  :imaposer:
Woody 1 - ek wou jou al gevra het wat sien Nadine in die staaaadige mansmens   :eek7:

Nugter weet... seker geld want die res is maar KORT...

Dankie vir die lekker saamry skoonseun... en moenie worry oor die erfgeld nie... GAAN FLIPPEN WERK NOU VIR JOU EIE GELD !!!!! :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Stichhom

Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #241 on: January 22, 2015, 08:09:42 am »
Jakkals, dankie vir die lekker RR en mooi fotos. Ons is bevoorreg om in die Laeveld te woon. Julle woon ook in n baie unieke en mooi deel van die land. Ek is stadig besig om al hoe meer te dink aan n S10. Klink of die fiets julle baie genot gee.
Keep a cool head - life is precious!
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #242 on: January 22, 2015, 08:52:00 am »
Goed wat my nog altyd aan getrek het is mense, ek kan ure op 'n lughawe of op 'n plek sit en mense dop hou, ons spesie is nogal snaakse karakters,

So het ek ook op die trip verskilende mense gesien en ontmoet, mens kan dit nogal maklik in twee groepe op deel, die wat mens is en die wat wil mens wees.

By Loskop dam het ek nog so rond gery en plek gesoek vir my tentjie tussen die bome, op een baie nice spot het daar 'n Toyota bakkie gestaan met 'n offroad trailer aan die anderkant, ek kom nog so in die gang af gery toe spring die man op wat duidelik gesien het ek soek staan plek en verduidelik aan my dat daar waar sy bakkie staan is 'n nice spot, lekker koelte en gelyk, hy laat weet ook somer hy skuif gou sy bakkie sodat ons daar kan kamp op slaan. Ons het toe so gemaak en ons tentjie daar staan gemaak, toe die man sien ons is klaar stap hy vir die eerste keer weer nader met 'n ys koue bier in die hand en bied dit vir my aan (en was daai bier koud en lekker). So raak ons toe lekker aan gesels asof ons mekaar jaare ken. So was daar ook baie ander vriendelike mense in die kamp wat ons daar ontmoet het.

Maar dan kom die mense wat graag wil mens wees maar nie weet hoe nie ook uit, hulle ry gewoonlik maar soms stap hulle ook in die kamp rond, die man is gewoonlik aan getrek met iets wat soos 'n moderende safari pak lyk en die tannie se kappsel is so hard mens wonder of sy nie die kar se roof lining kan krap nie. Hulle stap of ry verby jou en sodra die tannie sien jy kyk na hulle rigting kyk sy dadelik vorentoe, die man sal dan nog met so halwe hartseer uit druking na jou kant toe kyk en sodra jy hom vriendelik groet gee hy net so kwart kop skud sonder om 'n woord te sÍ en volg dan die vrou se voorbeeld.

Swadini was daar 'n tannie wat die hele kamp vol gery het met 'n Golf karetjie en so breŽ gras hoed op die kop, duidelik jaag haar man haar weg van die karavaan want sy ry amper heeldag rond tussen die ander met presies die bo genoemde houding, praat met niemand nie, stop by niemand nie maar almal weet sy is daar.

By Bourkes Luck ontmoet ek ander mense van GP wat ook met motofietse rond ry, 'n LC, Triumph Explorer en 'n Honda Cross Tourer, hulle is weer moerse vriendelik en begin somer met ons te gesels en praat oor allerhande goed, ons ry tot selfs 'n ent saam. Maar toe kom daar op 'n ander stop plek weer ander aan met (toevalig) 2x 1190"s en twee Pre LC  GSA's,  die manne en vrouens moes duidelik klerre gaan koop het spesiaal vir die outing wat alles is brand klere en dan lyk dit ook somer asof dit tailor fit ook is, hulle blink nou regtig van bo tot onder en ek is seker elkeen het in sy Topbox 'n stel van daai travelers skoen polish kit's. Nou die spul stap ook net verby met sulke kwart kop sakkies en die tannies loer net voor hulle.

Naby Nelspruit ry ons toe ook eendag by 'n klein plekkie in, daar staan twee LC Adventures en een pre LC  GSA's buite by 'n Kroeg/Restuarant, so met die verby ry spring die een ou op en wink dat ons moet stop en in kom, ek maak toe so en daar raak ons weer aan gesels met die manne asof ons hulle jaare ken, ouerige kerels en as mens na hulle luiste kan jy hoor hulle het ook al wyd en suid gery, twee is van Witrivier en die ander een van Rockydrift, regtig baie nice mense en lekker om mee te gesels.

Terwyl ons nog so op die stoep sit en gesels met die kerels kom daar nog 'n LC GSA aan gery en stop ook by die plek, hier klim die man af vol gekit en loop die plek binne soos wat John Wayne nie op sy beste acting kon gedoen het nie, die tannie probeer dit ook maar haar kit is bietjie losser as die man sin so die moves kom nie so lekker uit nie. Hulle groet ons almal toe net so half half en gaan sit elkeen met iets koud om te drink maar verder praat hulle nie. Na so rukkie toe hulle sien niemand daar gaap hulle aan omdat hulle so acting is nie besluit die man om toe met ons te gesels, of moet ek eerder sÍ te vertel. Hy en sy vrou is glo besig met een of ander BMW ding, jy moet glo na die vier verste punte van SA ry en dit in 'n sekere tyd doen. So vra die ander ou wat daar gesit het wat self ook 'n LC GSA ry vir die ou maar hoeveel tyd het julle om dit te doen, ek kan nie meer onthou wat die tyd was nie maar ek onthou net die ou het terug geantwoord dat mens dit seker tweekeer moet doen in daai tyd want vir eenkeer is die tyd wat hulle jou toelaat darem net te veel en maklik. Net daar is die gespreke gesluit en sluk die ou en sy vrou hulle drankies vinniger, groet ook somer so half mas en stap weer soos eendjies na hulle fiets en ry sonder om terug te kyk. ek sal nou nie op die forum noem wat die ander drie se beskrywing van die ou en sy vrou was toe hulle daar weg is nie maar dit was baie snaaks maar ook baie waar.

So is daar ook baie ander waaroor ek kan vertel maar dan gaan die post 'n boek raak, maar soos ek genoem het, ons mense is maar snaakse karakters met snaakse maniere.
« Last Edit: January 22, 2015, 09:39:30 am by Jakkals »
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #243 on: January 22, 2015, 08:55:15 am »
En daai dogter van my... sy bly PRAGTIG... weet nie wat sy in jou sien nie  :peepwall:

Seker maar ondar jy haar opvou haardroer saamry.  :imaposer:
Woody 1 - ek wou jou al gevra het wat sien Nadine in die staaaadige mansmens   :eek7:

Nugter weet... seker geld want die res is maar KORT...

Dankie vir die lekker saamry skoonseun... en moenie worry oor die erfgeld nie... GAAN FLIPPEN WERK NOU VIR JOU EIE GELD !!!!! :imaposer:

En daar vertel ek julle net in my vorige post van die snaakse tipe mense wat daar is, kyk nou maar die skoonpa se manietjies. :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #244 on: January 22, 2015, 08:59:18 am »
Jakkals, dankie vir die lekker RR en mooi fotos. Ons is bevoorreg om in die Laeveld te woon. Julle woon ook in n baie unieke en mooi deel van die land. Ek is stadig besig om al hoe meer te dink aan n S10. Klink of die fiets julle baie genot gee.

Dankie  :thumleft:

Ja ons bly in 'n mooi area, maar dit mag dalk snaaks klink maar ek is al half verveeld hier rond gery, hier is min gaate waar ek nog nie gery het nie en die grootste nadeel van die area is dat jy nie baie sentraal lÍ vir as jy buurlande wil besoek nie. Maar ek kla nie, dit bly nog steeds lekker hier.

Met die S10 maak jy nie 'n fout nie, ek sal laater 'n beskrywing van die fiets op sit.
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #245 on: January 22, 2015, 09:19:19 am »
Ek het nou lekker vir jou mensbeskrywing gelag Jakkals.  Janee waaragtig, die mensdom is 'n ander nasie.
'Tis the timeís plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Garfield

  • Deleted Users
  • Senior Member
  • *
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,640
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #246 on: January 22, 2015, 09:33:19 am »
Dit is baie waar, mense kan baie entertaining wees op sulke trips.

Mense vra altyd vir my of ek nie alleen is op solo trips nie, maar sodra mense sien iemand is alleen op 'n bike trip raak hulle baie nuuskierig.

Ek is nie iemand wat uit my eie met mense sal gaan gesels nie, nie dat ek vol stront is nie ek is maar net so, maar op my laaste trip was daar nie een keer wat ek by 'n pub, eetplek, kampplek, besienswaardigheid gestop het sonder dat ek met mense aan gesels geraak het nie, van die mense wat jy hier bo beskryf Jakkals en ook baie oorsese toeriste.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #247 on: January 22, 2015, 09:58:08 am »

Mense vra altyd vir my of ek nie alleen is op solo trips nie, maar sodra mense sien iemand is alleen op 'n bike trip raak hulle baie nuuskierig.


Baie waar, veral ouer mense en dan is hulle ook baie verbaas om te sien hoe self onderhoudend mens kan wees op 'n motorfiets.
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,515
  • Thanked: 245 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #248 on: January 22, 2015, 10:01:37 am »
In ons jong dae was MENSKYK een van ons lekkerste tydverdrywe.
Geld was maar skaars as jy R 295.00 / maand pay.
Maar met daai geld het ek bike betaal, petrol gekoop en elke Woensdag en party naweke in Hilbrow op FONTANA se stoep gaan sit en mense kyk saam met ons bike pelle. So af en toe geld bymekaar gegooi vir 'n gebraaide hoendertjie en buns en dan sommer so op die fiets se sitplek hom uitmekaar geskeur en gesmul.
Eish.. wat ons daar gesien en gedoen het was FANTASTIES.

Maar ons sal maar nie vertel van die WAKKER word in Joburg GEN Hospitaal nie..... daai is 'n sensitiewe verhaal in my lewe.  :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,212
  • Thanked: 691 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #249 on: January 22, 2015, 10:03:04 am »
In ons jong dae was MENSKYK een van ons lekkerste tydverdrywe.
Geld was maar skaars as jy R 295.00 / maand pay.
Maar met daai geld het ek bike betaal, petrol gekoop en elke Woensdag en party naweke in Hilbrow op FONTANA se stoep gaan sit en mense kyk saam met ons bike pelle. So af en toe geld bymekaar gegooi vir 'n gebraaide hoendertjie en buns en dan sommer so op die fiets se sitplek hom uitmekaar geskeur en gesmul.
Eish.. wat ons daar gesien en gedoen het was FANTASTIES.

Maar ons sal maar nie vertel van die WAKKER word in Joburg GEN Hospitaal nie..... daai is 'n sensitiewe verhaal in my lewe.  :imaposer:

Het jy op 'n hoenderbeentjie verstik toe daai poppe met die stywe jeans daar verby gestap het?  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
'Tis the timeís plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,515
  • Thanked: 245 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #250 on: January 22, 2015, 10:04:01 am »
Ek praat nie uit die huis uit nie... se maar net drank het 'n rol gespeel in die saak.  :peepwall:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #251 on: January 22, 2015, 10:23:19 am »
Ek praat nie uit die huis uit nie... se maar net drank het 'n rol gespeel in die saak.  :peepwall:

Ek sÍ mos hoeka jy is 'n "afgetrede ducktail" ,,,,,,,,, sien ek was nie verkeerd nie, hier kom die Hillbrow dinge nou uit. :deal: :lol8:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline XRRX

Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #252 on: January 22, 2015, 01:47:59 pm »
Thanks ou Jakkals!!  :'(
"You wrote some deep sh%t hey"   :thumbsup:
 

Offline lj111

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,084
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #253 on: January 22, 2015, 02:50:45 pm »
Dankie vir die lekker rr Jakkals :thumleft:
Some people feel the rain and others just get wet...
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #254 on: January 22, 2015, 09:07:28 pm »
Thanks ou Jakkals!!  :'(
"You wrote some deep sh%t hey"   :thumbsup:
Thanks my ou tjom, bly jy het dit geniet,  :thumleft:

Ek kan een ding net nie verstaan nie, hoekom moes jy nou in een van die eerste mense wees in wie ek vas loop toe ek terug kom op George. :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #255 on: January 22, 2015, 09:08:29 pm »
Dankie vir die lekker rr Jakkals :thumleft:

Bly jy het dit geniet.  :thumleft:
« Last Edit: January 22, 2015, 09:14:04 pm by Jakkals »
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,361
  • Thanked: 12 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #256 on: January 22, 2015, 09:53:51 pm »
Dankie Jakkals - jou RR en Nadine se fotos baie geniet  :thumleft:  :thumleft:
 

Offline Duster

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,364
  • Thanked: 1 times
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #257 on: January 23, 2015, 11:11:27 am »
Jakkals, baie dankie vir die deel.  Ek het lekker saamgery en baie van daai paaie ook al gery, maar om dit deur iemand anders se oŽ te sien, is soms lekker.  Partykeer mis ons iets, dan sien ek dit op 'n rr.  Groete
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,321
  • Thanked: 66 times
  • East London
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #258 on: January 31, 2015, 02:06:15 pm »
Baie dankie vir die lekker lees  :thumleft:

Ek ken daardie deel van ons land glad nie, so ek het dit baie geniet.
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,328
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #259 on: February 02, 2015, 08:53:40 am »
Baie dankie vir die lekker lees  :thumleft:

Ek ken daardie deel van ons land glad nie, so ek het dit baie geniet.

Thanks JMOL

Maar dan moet ons een of ander tyd 'n "Jaco" trip reel daai kant toe,

Dan is ons darem twee en kan ons die kaans vat om by Woody 1 'n draai te gaan maak, mens gaan mos nie somer alleen in sy geweste in nie.  :lol8:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.