Nou ja, so kom alle lekker dinge toe op 'n einde en moes ons die pad terug vat George toe.
Ons verlaat die Laeveld met 'n seer hart en ry tot op Bloemfontein via Standerton, daar boek ons in vir die nag maar tog voel dit nog of ons op pad is na 'n plek en nie op pad terug huis toe is nie, die gevoel kom seker omdat die hele trip on beplan was en ons alles dag vir dag gedoen het.
Die pad terug was warm maar tussen Betlehem en Bloemfontein het daar donder buie geval, jy koel skaars af dan is jy weer in die hitte.
Die volgende oggend het ons vanaf Bloemfontein gery tot op George waar dit weer vrek warm was, party plekke was 42 grade. Voor Beafortwest het daar weer sulke donder buie geval tussen die hitte maar te min om van te praat, by Meiringspoort is ons amper van die pad af gewaai deur die wind, ek het al in baie wind gery maar daai wind was erg, op 'n stadium het ek regtig gedink ons gaan dit nie maak nie. Net voor George loop ek toe weer bekendes raak, Sir Skolla, Bakebeans en my vriendelike ou pêl XRRX waar hulle ook op pad terug huis toe is van 'n trip.
Nou soos ek genoem het, die trip was heel onbeplan, Die dag wat ons gery het was Nadine nog onder die indruk ons gaan Namibia toe en ek nog nie seker waarheen ons gaan nie, ons het paspoorte en alles in gepak maar dit nooit gebruik nie.
Terwyl ek so gery het het ek ook aan baie goed gedink waaraan mens nooit normaalweg aan dink nie en dan besef mens hoe bevooreg ons regtig is om sulke dinge te kan doen, ons kla en moan maklik as iets verkeerd gaan maar ons vergeet van al die wondelike vooregte wat ons ook het.
Dan ook hoe dankbaar ek is om iemand te hê soos Nadine, sy het geen probleem om by my besluite in te val nie al is dit soms mal besluite, haar kop was al in Namibia en kyk waar het sy gedraai, ons het al so on beplan deur Mosambiek ook gery en moes oorslaap op plekke wat nou nie juis nice is nie maar sy aanvaar dit so en maak dit deel van die trip, en dan ook haar groot vertroue in my.
Sy aard duidelik nie na daai ou sening op Brakpan wat my en sy dogter se erfgeld so mors nie, hy is somer 'n regte ou brombeer.

Op hierdie trippie het ek dinge gesien wat my hartseer gemaak het, maar net daarna het die mooi dit weer oorheers en het mens vergeet van die hartseer, dan besef mens maar net weereens hoe bevooreg mens is om in die posisie te sit waar in mens is en kan mens net dankie se vir die Hemelse Vader omdat hy jou lewe so gelei het en so ook al hierdie vooregte aan jou gegee het. Ons moet baie dankbaar wees vir al hierdie dinge want dinge kan heel anders gewees het. Die trippie was totaal onbeplan maar van al my trips wat ek al gedoen was dit seker die trip wat my kop die skoonste gemaak het en ook my meer laat besef het vir hoeveel ek het om voor dankie te sê.
Ek is bly ek kon dit met julle deel.