Die Avonture om Lesotho - 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

alwyn_gs

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
2,086
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
So om Boxing Day 2014 het ons bymekaar gekom by die R21 se Engen garage. Die die trip is Om Lesotho. So na as moontlik aan die grens, met die meeste grondpad, en natuurlik die meeste grond passé…
Die hele toergroep was op R1200GS Adventures, en elke fiets het n paartjie gedra nl, die Nordeje’s, Van Der Merwe’s en die Engelbrecht’s.


Die beplande roete vir die dag. Teer tot op Harrismith, en van daar begin die avonture… Van Harrismith draai ons Bezuidenhouts pas se kant toe,vandaar Bergville toe. Teer tot op Notttingham Road. En daar tel ons die Ping Pong Cuttings op tot in Himeville. 627Km vir die dag.

Op Harrismith is dit n mal nes, die dames gaan kry Wimpy Take Aways en ons piekniek rustig onder die bome

Eerste Grondpad

Oppad Bezuidenhouts pad toe

Die Veld is pragtig groen, en ons kronkel deur die heuwels met die twee spoor paadjie.
Die begin…



Dinge begin toe intresant raak… die fietse is swaar. En ons het die passé in seksies opgebreek, en elke fiets een vir een af gevat. Op die moeiliker stukke, die enjin dood gemaak en die clutch gebruik om die fiets te beheer. Die doel was om al drie Adv, en elke span veilig uit te kry anderkant. Die agter oppies was kamera-minne,  cheerleaders, waterdraers en die klere help skuif.




Die Pillions het hul eie jol!


Die volgende steps








En om die volgende draai, nog steps, en die lyne raak meer tight



Die sonnetjie sit hoog, dis warm en die huminiteit is lekker ongemaklik hoog.

Lekker blaas kans onder die bome, om kragte te herwin, water te drink en net te rus -  is mos op vakansie man!

En natuurlik enjoy ons die views

En die n lekker water poele




En toe die laaste stootjie

Seker die meer korrekte vervoermiddel vir die omstandighede



En hoekom ons so deur gedruk het:



Die Nordeje’s

Die Van Der Merwes


En die Engelbrechies

Die keer was die Engelbrechies te hekspan… net een was toe, en die res oop

Van daar is dit verder af tot by die gravel highways Bergville toe. Vir n verandering, lekker om vininger te ry, en wind deur die baadjies te kry…
 
Top