Nog 'n biker weg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jul 27, 2010
Messages
5,468
Reaction score
643
Location
Blouberg, Cape Town
Bike
KTM 890 Adventure R
My sus se seun lê in 'n lykshuis in Standerton. Hy het opleiding ontvang as dieseltegnikus by TWK in Bethal en is gisteroggend dood nadat hy saam met die werkswinkelbestuurder na 'n plaas gery het om 'n trekker te herstel. Oppad terug het 'n taxi voor hulle ingeswaai, hulle moes swenk, die bakkie het gerol, die taxi het die passasiersdeur getref en Raymond Nel is oorlede. Die twee ander insittendes het beserings opgedoen.
Raymond, jy was so vol energie en grappies, vol lewe, bereid om te help, en nou is jy net weg! Jy het voor my grootgeword maar sal nou nooit weer terugkom nie. Jy was so 'n versigtige biker, so opgewonde oor jou bikes, of dit nou jou 125 EStorm, KDX200 (in wording) of Suzuki 650 was, met spots en al!
Op 20 het jy jou lewe voor jou gehad, en nou is dit finaal verby. Ons mis jou reeds!
Laat dit goed gaan met jou ou maat.
 

Attachments

  • Raymond.jpg
    Raymond.jpg
    46.9 KB · Views: 969
  • RaymondEstorm.jpg
    RaymondEstorm.jpg
    108.2 KB · Views: 965
  • Raymondoffroad2.jpg
    Raymondoffroad2.jpg
    38 KB · Views: 958
  • Raymond Kawa 2.jpg
    Raymond Kawa 2.jpg
    45.2 KB · Views: 951
Top