Die Eerste Hidro Elektriese Kragstasie in die Suid Kaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Tussen George en Mosselbaai lê  Groot Brakriver.  Die plekkie was die eerste dorp in die Suid Kaap om gebruik te maak van 'n hidro elektriese kragstasie, en dit was al in 1924.

Die "godfathers" van Groot Brakriver, die Searles het hydro turbine toerusting en 'n kragopwekker vanaf oorsee ingevoer en 'n kragstasie so kilometer uit die dorp uit by die rivier gebou.

‘n 25 kilometer  waterkanaal is ook gebou om rivierwater na die kragstasie  te lei.

12 Jaar later is die oorspronklike kragopwekker vervang met 'n   AEG drie fase  3300V 50Hz, 350kVA alternator, wat hardloop teen  600 rpm.  

Die kragstasietjie word nog steeds goed onderhou en as jy nuuskierig genoeg is kan jy met Groot Brakrivier se museum reel om dit besoek.  ( 044 620 3338).  Wees net gewaarsku, jy gaan so kilometer moet voetslaan tot by die plekkie.  So sorg dat jy gemaklike skoene saamneem en jou helmet iewerste kan los as jy met jou motorfiets Groot Brakrivier toe gaan.

As jy nou regtig 'n dag hieruit wil maak kan jy  sommer aanhou stap (verby die kragstasie) en die Wolwedans Staproete doen.  Dis 'n baie mooi roete wat jou tot by by die Wolwedans dam gaan neem.   :)  Pak maar vir jou water in want daar is baie trappe wat jy ook moet gaan uitklim.  

Hier is so paar foto's van die kragstasie,afgeneem in Groot Brakrivier se museum.  Ek het nie kans gesien om in my mx  bootse tot daar te stap nie! 
 

Attachments

  • krag stasie.jpg
    krag stasie.jpg
    72.2 KB · Views: 546
  • krag 1.jpg
    krag 1.jpg
    76.3 KB · Views: 506
  • krag 2.jpg
    krag 2.jpg
    116.4 KB · Views: 514
  • krag 3.jpg
    krag 3.jpg
    111.3 KB · Views: 517
Top