So dwaal Heimer - end 2014. Koedoeskloof en Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Heimer

Bachelor Dog
Staff member
Global Moderator
Joined
Nov 4, 2007
Messages
14,657
Reaction score
1,072
Location
Stilbaai
Bike
BMW R1200GS
Einde van die jaar 2014.

Krismis is klaar. Al die kinders is waar hulle moet wees. Ek kan dus fiets klim en bietjie ry.

Waarheen dan tog? Veldtie toe natuurlik. Daar is 'n oujaarspaartie

30 Des

Ek slaap een aand in die Kaap (vanaf Stilbaai terug op 29 Des) , pak my bike en vertrek - 30 Desember is ek daar en ek vat my gewone plek bo in die hoek

Die keer het ek 'n hangkas saamgebring



Fotos in die kamp







Die kamp is stil en leeg

2 ure na ek aangekom het, dreun Rommel by die kamp in. Hy het hom vervies op 'n ander trip en sommer regs gedraai Veldtie toe. Hier sal hy wees vir 'n paar dae.

Hallo ou maat - nou is daar twee tente



31 Desember

Hoezit - het julle my hoor snork?



Die rustige Koedoeskloof



Bewys dat ek daar was



Deur die loop van die dag kom daar meer mense aan en ons help Veldtie om die verhoog reg te kry vir die musiekmanne



Die fraaie Martina sit handjie by



Ons gasheer



En toe is alles klaar en almal wag vir die paartie om te begin





Dit word aand en stadigaan raak dit besiger



Die manne stem kitare in



Daar word gebraai



En die kuier kom in volle swang









Die aand word baie lekker - die kuier al losser en skielik is dit 2015.

 
Top