Ruiterbos se Percherons

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
So rukkie terug het ek  in die Tuinroete rondgery en Outeniqua Moon se Percheron perde ontdek. As daar van julle ouens is wie perde liefhebbers is, mag 'n kuiertjie daar die moeite werd wees.  Ag wat praat ek, almal sal van hierdie plek hou!

Ek cut en paste sommer die volgende uit my blog uit oor hulle: (ek is onseker of hierdie onder RR of onder 'interesting Places moet gaan)
:)

Daar is van die oumense wat sê dat jy moet probeer onthou wanneer laas het jy ‘n wit perd gesien as jy hik, dan sal die hik sommer gou verdwyn. Maar wat as jy ‘n wit sprokiesperd sien wie se misteriese skoonheid jou asem wegslaan? Een wie op sy hoewe soos  ‘n ballerina kan trippel terwyl sy maanhare al wuifende saamdans. Daar bestaan sulke wesens. Hulle is Ruiterbos se “Outenique Moon” Percheron perde.

(foto met spesiale vergunning van Outenique Moon, fotograaf Alexandra Evang)
 

Attachments

  • intro-foto.jpg
    intro-foto.jpg
    65 KB · Views: 398
Top