Yes, ek doen dit elke jaar met my Rottweiler.
Die proses is soos jy genoem het, maar: die staatsveearts se sertifikaat in geldig net vir 7 dae- so jy moet dit een week maksimum voor vertrek kry.
In Windhoek ( of ander groot dorpe ook) MOET jy daar ook die sertifikaat laat stempel en weereens net vir 7 dae geldig.
Met die bogenoemde het ons dan nog nooit probleme ervaar nie. By die grensposte laat jy by die veeartseny persoon (Namibia kant) die sertifikaat nagaan. Hulle het nog nooit eers na die motor gekom om na die hond te kyk nie.
Ek gaan gewoonlik na die ouens wat die kar wil deurgaan en verwittig hulle van die moerse hond in die kar wat op hulle wag, en of hulle wil he dat ek die hond moet uitlaai sodat hulle alles kan deurgaan. Hulle was ook nog altyd OK daarmee.
Baie min plekke adverteer "pet-friendly". Ek vra maar altyd, en kom redelik maklik reg.
Sterkte- die brake geniet die ry saam met die baas wat heeltyd biltong oor sy skouer aangee!