Is dit normaal....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Omninorm

Race Dog
Joined
May 28, 2013
Messages
4,062
Reaction score
103
Bike
KTM 790 Adventure
...om as jy begin sand ry jou gat af te val?

Ek het nou al diep sand try ry met die F800GS... nie baie geval nie maar dit was slow going en moerse uitputend.
Ek het met n 650 XChallenge gaan ry en baie beter gery maar hiermee het ek my ....disnis...geval omdate ek nou vinniger ry, staan ens.  Op een stadium my been ge pin en die exhaust het sommer my broek in my vleis in gesmelt gister.  Dit was natuurlik fun toe ek dit moes skoonmaak - vroulief is nou ook sommer nie meer lus dat ek sand ry nie maar ek het die bike blameer! :) Werk met n plan julle sien ;) . Maar regtig...ek het soos in 5 of 6 keer my moertoe geval. halsoorkop, skuins vooerentoe, skuins agtertoe, net om en plat op my maag. Nie gedink daar is so baie maniere om te val nie.

Toe klim ek op n 250 two stroke en toe ry ek somemr baie lekker, niks geval nie maar net grootoog ketels oopgemaak, opgekyk en vasgehou.

Ek het nou n offroad en sand kursus gebook vir Maart.
Watse ander tips is daar?
Ek het al mense met groot fietse goed sien sand ry...hoeveel jare se experience is daai.  Moet ek iewers gaan soos Atlantis duine eerder waar daar spasie is?
Hierdie klein diep sand tracks is het baie ander fietse se wiel spore oorkruis etc en ek dink dis die main area waar ek dan val.

My F800GS amaze my by berg paaitjies, bos paaitjies, 2 spoor en grondpad...maar ek begin nou ding daai "GS" staan regtig vir "Geen Sand".  :biggrin:

Moet ek maar n 250 nou kry en klaar kry vir die Sand ry en die ding trailer of moet ek een kry waar ek kan gaan explore en bietjie pad ry soos n CRF250L?


 
Top