Ok so vurk olie was soos volg.
Links 181mm air gap en +/- 515ml
Regs 190mm air gap en +/- 505 ml
Het nou altwee gevat na 164mm.
So hulle was uit. Gaan eers bietjie later kans kry om te toets. En dan gaan ek more my wiele instuur vir balansering saam met my pa.
Laat ons weet!
Wat studeer jy?
Sent from my iPad using Tapatalk
Het gaan ry, shocks voel briljant, maar die weave is nogsteeds daar. Ek gaan vandag wiele af haal dan gaan dit more in vir balanseering. Sal laat weet!
Dink daar aan om maar die nek en die shock linkage agter ook te strip en die bearings te grease. Nie vir die weave nie, maar dat ek dit kan af merk.
Studeer?
Ek doen huidiglik my N levels by Northlink vir Motor, maar wil n ambag probeer kry deur imperial by n motorfiets handelaar.
Ek het so bietjie laat in my lewe besluit wat ek voor geleer het en gedoen het is ek nie gelukkig meer nie. So n beroeps verandering was in orde en eks baie gelukkig met my besluit.
Het n paar sterre foto's van Tankwa wat ek later sal post wat ek laas naweek geneem het. Was saam met my gesin daar met die bakkie. Het myself net heeltyd gekry dat ek heel pad net na die grondpaaie se toestand staar om te meet of ek dit sal kan ry en nie my m@er af val nie:D:D