Dr650 TLC

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

GaiasGuardian

Pack Dog
Joined
Jun 15, 2012
Messages
352
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Suzuki DR650
So ek het al op ander plekke gepost van my DR wat ek gekoop het, maar ek maak nou 'n “official thread”. (Ek begin later vanjaar studier, maar is tans baie verveeld met te veel tyd ophande)

Ok, so ek het die bike ingekry van George af met 'n koerier sonder om dit te sien. het maar 'n moerse leap of faith gevat en was nogals 'n stresbol! Weereens 'n groot dankie aan DrDirt dat hy die guns gedoen het om te gaan kyk namens my!  ;) Dit het als mooi uitgedraai en ek is klaar baie lief vir die bike!


Bike het hier aangekom 'n dag na ek die koerier betaal het. Wil vir julle sê ON THE ROAD AGAIN is regtig 'n firma wat mens kan vertrou. Keaghan en Robert het nog verskriklik baie trots in wat hulle doen! Bike was baie netjies vasgemaak en Robert het dit net voor 9 die aand hier aangebring.
Hy sou dit eers die volgende oggend gebring het, maar ek het hulle nogals baie gepla (nie in 'n lelike manier nie, meer soos 'n klein seuntjie Ou Kersaand wat opgewonde is oor sy geskenke!) en hulle het my seker jammer gekry.  Toe gaan hy uit sy pad uit om my gelukkig te maak  :biggrin: :biggrin:.

Die bike het bietjie werk aangehad toe hy hier geland het, het nie glad geloop nie met 'n baie groot flat spot net van idle af. Kon nie wegkom sonder om dit verby ¼throttle te rev nie. Bodywerk was los met brackets wat af is, lekker weave op 100km/h, air filter was van sy raampie af en het lekker baie stofpaaie ingesuig ensovoorts.

Maar die werk het begin en ek het een aand toe my ouers uit was 'n bier en bike maintenance aand gehad. Weet nie of die bier en werk saam 'n goeie idee is nie, maar ek het tot 4h die oggend gewerk en verskriklik baie vordering gemaak. Het soos 'n dokter gevoel met diagnose en soos 'n surgeon met die uitvoering!!

So ek het begin om die lugfilter skoon te maak en te olie met Motul lugfilterolie. Dis maar baie taai en morsig, maar het met my plastiek bike gesien dié goed werk. Ek was nogals geskok toe ek die lugfilter sien. Was grondbruin gewees, heeltemal van airbox af weggetrek met sulke lekker grondstrepe onderdeur die lugfilter.

Na dit sparkplugs vervang om te kyk of die kombinasie van die 2 dalk die flatspot sal verbeter. Nog net so sleg! Volgende die pilot screw te verstel en niks.

Ok so volgende was die carb uithaal en strip. Jets is standaard, maar die bike shop in George sê hy het die jets vergroot. Het als mooi skoongemaak en toe met die needle uithaal kom ek agter die needle e-clip en spacer is heel verkeerdom! Geen wonder mens moet die ding verby ¼ throttle oopmaak nie!
Dankie aan Woestynhond vir al die raad!

Het die e-clip op die derde groefie gesit en die spacer op die regte plek en nou is als 100%! Als is nou glad en die enjin loop soos stroop! Baie bly.

Na dit was dit maar buff, spoeg en plak om die bike te kry waar hy nou is. Nog baie werk, maar ek gaan daar kom as ek my momentum kan hou...

Sal julle op datum hou. Het 'n foto van die needle aangeheg soos hy was, my lys ( bier was die inspirasie) van goed en 'n paar fotos van die fiets soos hy nou lyk. Ek haal vandag die grab rails, crash bar  en heat shield op die header af om te spuit.

Het eergister my eerste stukkie grondpad gery en die DR hanteer die sinkplaat en ligte sand verskriklik goed en defnitief baie beter as my Xr'tjie!!  :laughing4:

Hier is 'n link na die video. Dis maar stadig en vervelig.  Ek dink nie ek mag daar gery het nie en die bike is maar baie raserig (dalk ‘n verskoning vir my bang gat!).

https://youtu.be/8B9vcPOPGjo

Hier gaan nog ‘n hele paar goed gedoen word so ek sal op hoogte hou soos dinge vorder.

Cheers   :ricky:   :ricky:

 

Attachments

  • 20150208_004018_2.jpg
    20150208_004018_2.jpg
    411 KB · Views: 571
  • 20150210_125234-2.jpg
    20150210_125234-2.jpg
    447.5 KB · Views: 552
  • tmpPhoto.jpg
    tmpPhoto.jpg
    458.6 KB · Views: 572
  • 20150212_083816-2.jpg
    20150212_083816-2.jpg
    472 KB · Views: 551
Top