'n Vinnige Draai in Swakop (Kort RR)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons het besluit om in Desember laas jaar nie weer ver vakansie te hou nie, maar net 'n rustige tydjie in Swakop deur te bring en 'n paar dae in Terrace te gaan vis vang.
Die dag toe ons vertrek kry my vrou 'n boodskap dat haar pa siek is en in die hospital in Bloemfontein opgeneem is. Ons is toe wel Swakop toe en twee dae later Terrace toe, waar ons 'n paar dae sou bly. Op die tweede dag kry ons die nuus dat dit baie sleg gaan met skoonpa. Ons besluit toe maar om terug te ry Swakop toe en dat vroulief sal vlieg van Walvis af. Daar gekom kry ons nie vlugte nie en besluit toe maar om die vakansie kort te knip en Bloem toe te ry. Skoonpa is die dag na ons daar aangekom het oorlede.
Omdat ons alles net so gelos het by ons plekkie in Swakop en ons goeie vriende ook iets by hulle blyplek in Swakop wou laat doen besluit ons nou die aand oor 'n braai dit is 'n goeie geleentheid om gou met die fietse Swakop toe te gaan die afgelope naweek.
Hulle is reeds Donderdag middag weg omdat hulle die kontrakteur Vrydag oggend moes kry. Ek en vroulief ry Vrydag middag net na twee uur. Die pad is baie besig en daar waai 'n verwoedelike weste wind reg van voor tot in Swakop.
Willem het intussen vir ons 'n staanrib op gesit en ons eet die aand heerlik en kuier tot laat.
Foto 1 S10 is gepak en reg om te ry
Foto 2 Stop by ons bly plekkie in Swakop
Foto 3 Lekker staanrib

Snaaks, maar 'n braai in Swakop proe net soveel lekkerder. :thumleft:

 

Attachments

  • 050.jpg
    050.jpg
    117.8 KB · Views: 349
  • 122.jpg
    122.jpg
    111.3 KB · Views: 331
  • 048.jpg
    048.jpg
    151.4 KB · Views: 333
Top