Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Roubeklaers van die weer en wind  (Read 3231 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Serfie

Roubeklaers van die weer en wind
« on: February 13, 2015, 09:51:33 am »
Dis reeds die gepaste beskrywing wat iemand anders hierdie verskynsel gegee het...daardie talle ruines en vervalle plaasopstalle wat ons tydens ons motorfiets-omswerwinge op plaaspaaie sien. Dit laat my altyd met n gevoel van heimwee...om te dink daar was eens mense daar...met hul eie lief en leed...en nou is daar niks...

Ek ploeg nou met iemand anders se woorde, maar niks anders beskryf die verskynsels vir my so treffend nie!

"Op verre plekke van verlatenheid...
staan hulle in stille eensaamheid...
eens oases van geborgenheid...

Nou is daar net krake, stof en kruid,
met herrinneringe...en die wind wat fluit

Hul go is uit".

Hier volg n klompie fotos van sulke plekke wat ek tot dusver raakgeloop het.

“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #1 on: February 13, 2015, 09:59:44 am »
Nog n paar
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline OomD

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,985
  • Thanked: 253 times
  • #imstayingpositive
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #2 on: February 13, 2015, 10:00:04 am »
Nice, Serfie!

Ek wonder ook altyd so, waar is die mense nou wat by daardie plekke gebly het, en hoekom is hulle daar weg. Miskien is hulle al oorlede, miskien elders getrek. Wens ek kon met daardie mense praat, uitvind hoe dit was om daar te bly, om bietjie hulle lewe te kan deel.
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #3 on: February 13, 2015, 10:08:36 am »
nog n paar
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Lem

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #4 on: February 13, 2015, 10:21:01 am »
Dis n lekker thread, en mooi geskryf  :thumleft:

laat my ook altyd wonder.

Hiers 'n onlangse fototjie van murasie naby Tankwa Padstal oppad na die Katbakkies pas toe
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #5 on: February 13, 2015, 10:36:42 am »
Hiers 'n onlangse fototjie van murasie naby Tankwa Padstal oppad na die Katbakkies pas toe

Ai ou Lem...my hele lewe lank begeer ek om in daai wereld van julle te kan rondry met die bike...miskien oor 18 maande is ek daar!...met aftrede...
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Lem

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #6 on: February 13, 2015, 10:41:57 am »
regso Serfie  :thumleft:

Hier le nogal baie geskiedenis soos hierdie in die provinsie. Ek weet ook dat daai Cloetespas area tussen Herbertsdale & Van Wyksdorp ook destyds n posroete/tolroete was. So murasies van klipkrale en tolhuise sien mens nogal gereeld in die Suidkaap en Klein Karoo.

Klient van my boer in die Koue Bokkeveld, al vir seker 5 jaar. Woensdag gaan stap hy in die berge se rigting en ontdek op hul grond ou murasies en selfs kordeelhuisies. Hyt nie eers geweet wat dit is nie, gedink die kordeelhuisies was eers n bosoond.

Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #7 on: February 13, 2015, 11:00:57 am »

Help!...wat is n kordeelhuisie?
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Lem

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #8 on: February 13, 2015, 11:18:42 am »
kyk op bladsy 5 van hierdie ride report http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=134232.80

Dusty Rusty is ons official historian.

Basies was hierdie oornag skuilings vir boere met ossewaens & perdekarre wat moes dorp toe kom vir besigheid en kerk etc.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #9 on: February 13, 2015, 11:26:06 am »
kyk op bladsy 5 van hierdie ride report http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=134232.80

Dusty Rusty is ons official historian.

Basies was hierdie oornag skuilings vir boere met ossewaens & perdekarre wat moes dorp toe kom vir besigheid en kerk etc.

So baie interessant...dankie Lem. Mens kom skielik tot die besef dat daar so baie goeters verlore gaan vir die volgende geslagte
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Skipskop

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,929
  • Thanked: 6 times
  • ;-)
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #10 on: February 13, 2015, 11:37:08 am »
Die ou murasies maak my altyd baie hartseer, as ek dink hoe opgewonde die oorspronklike inwoners moes gewees het om daar n nuwe begin te maak en met moed en eiwerheid die plekkies opgebou het.
 Ook hoeveel saamesyn en geluk daar op n tyd tussen daardie vier mure was, en dan aan die einde, net voor die finale besluit om maar moed op te gee, vir watter hartseer rede ook al, en die plek te verlaat, hoeveel swaarkry en hartseer en vir hoe lank ,daar tussen daardie vier mure moes gewees het.
Ek kry altyd hoendervleis en my nekhare reis as ek in die ou bouvalle staan  :o
" Of all the things I lost in life, what I miss the most, is my mind"
DRZ 400 E ,1200GS WR450- KLR650 Side-car
Yamaha CV80 Beluga
"We do not quit playing because we grow old, we grow old because we quit playing"
"Old age is not for the inexperienced" "If you haven't grown up by age 50 , you don`t have to"
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #11 on: February 13, 2015, 11:41:31 am »
Die ou murasies maak my altyd baie hartseer, as ek dink hoe opgewonde die oorspronklike inwoners moes gewees het om daar n nuwe begin te maak en met moed en eiwerheid die plekkies opgebou het.
 Ook hoeveel saamesyn en geluk daar op n tyd tussen daardie vier mure was, en dan aan die einde, net voor die finale besluit om maar moed op te gee, vir watter hartseer rede ook al, en die plek te verlaat, hoeveel swaarkry en hartseer en vir hoe lank ,daar tussen daardie vier mure moes gewees het.
Ek kry altyd hoendervleis en my nekhare reis as ek in die ou bouvalle staan  :o

Presies hoe ek voel as ek daar staan...met die wind wat deur die grasse suis...
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 730
  • Thanked: 6 times
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #12 on: February 13, 2015, 11:46:10 am »
Baie dankie vir die deel en foto's, dit is so jammer en mens sal altyd wonder waarom mense hulle huise en plase sommer net so verlaat.
Baie dankie vir die deel :)
Life is great LIVE IT!!
 
Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,706
  • Thanked: 40 times
  • Free as a bird
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #13 on: February 13, 2015, 01:42:50 pm »
Het ook so tyd gelede by so 'n murasie verby gery.
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 
Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,158
  • Thanked: 293 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #14 on: February 13, 2015, 02:00:13 pm »
Baie interessant Selfie.  Ja, ek kry ook altyd so 'n geweldige heimwee wat my oorspoel as mens die verlate en verbrokkelende plaasopstalle so verbyry.

Dis 'n lang storie oor een van jou kiekies en ek sal jou nie daarmee verveel nie.  Dié plaas in die kiekie hieronder lê onderkant die Magaliesberge naby Doornhoek net die oos van die Breedtsnekpas.  Dit het behoort aan 'n Amerikaner en sy vrou, die Dykhouse (sy vrou se naam was Tannie Jo-anne gewees, ek onthou nie die oom se naam nie) wat met Brahmane geboer het.  Hy was eintlik 'n siviele ingenieur en het aanvanklik deeltyds geboer maar toe later het hulle voltyds op die plaas (in daai huisie) gewoon. Later jare het hulle 'n mooi huis hoër op teen die berg gebou.  Die oom het baie pryse op die Randse Skou destyds met sy Brahmane gewen.  Ek dink die plaas, of 'n gedeelte daarvan is nog steeds in hulle besit.  As jy weer daar verbyry, kyk bietjie uit vir sy mooi wit Brahmane.  Hulle was altyd lekker mak gewees.

Die oom is toe later van tyd oorlede en Tannie Jo-anne het nog so 15 jaar alleen daar geboer alvorens sy na 'n ouetehuis verkas het.  Sy lewe nog steeds.

Klein wêreld.
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 
Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,158
  • Thanked: 293 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #15 on: February 13, 2015, 02:09:28 pm »
As ek mag Selfie?  So 'n paar van myne:

" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #16 on: February 13, 2015, 02:12:28 pm »

Thanks Dorsland...jy sal my glad nie verveel nie...inderdaad n klein wereldjie...dink daai gedeelte van die Magaliesberg word Maanhaarrand genoem? Ek ry gereeld daar verby, onder andere oppad Breedtsnek toe. Het die laaste keer opgemerk dat daar weer tekens van lewe in die huis is...nou sal ek die storie van jou altyd onthou as ek daar verbygaan...darem nie n te erg hartseerstorie nie.

Geniet die plaas daar in jou Oos-Kaap wereld...het as kind op Fort Beaufort groot geword...verlang soooooo erg terug deesdae...
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Serfie

Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #17 on: February 13, 2015, 02:15:50 pm »
As ek mag Selfie?  So 'n paar van myne:

Pragtig...die groot plaashuis nie te erg vervalle nie...waar is dit?
“So much of life can never be explained…it can only be witnessed and experienced…but above all...life just goes on…no matter what!!”

Previous bikes - 1980 XL125S: 1986 IT200: 1989 XT250:  1999 Africa Twin 750XLV: 2011 XR250 Tornado: 1999 XJR900 Diversion:  1996 Varadero XL1000V: 2007 Transalp 650 : 2015 Kawasaki Versys KLZ 1000
Currently - 2008 KLR650 / 2008 DR650 / 2015 SYM CROX 125 /  2014 BMW F700GS
 
Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,158
  • Thanked: 293 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #18 on: February 13, 2015, 02:19:14 pm »
Plaas Modderfontein so 20km van my af.  Pragtige ou huis wat nou deur die wind en weer verniel word, ai tog  :-\
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 
Offline Kykdaar

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Zundapp (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 7,614
  • Thanked: 2 times
Re: Roubeklaers van die weer en wind
« Reply #19 on: February 13, 2015, 03:03:12 pm »
As ek by sulke plekke staan dan kom die gedagte dat "dis als maar n gejaag na wind" onwillekeurig by my op.

Laat n mens se gemoed so bietjie sak as jy daaraan dink.