Roubeklaers van die weer en wind

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Serfie

Race Dog
Joined
Feb 27, 2014
Messages
918
Reaction score
0
Location
Krugersdorp
Bike
Suzuki DR650
Dis reeds die gepaste beskrywing wat iemand anders hierdie verskynsel gegee het...daardie talle ruines en vervalle plaasopstalle wat ons tydens ons motorfiets-omswerwinge op plaaspaaie sien. Dit laat my altyd met n gevoel van heimwee...om te dink daar was eens mense daar...met hul eie lief en leed...en nou is daar niks...

Ek ploeg nou met iemand anders se woorde, maar niks anders beskryf die verskynsels vir my so treffend nie!

"Op verre plekke van verlatenheid...
staan hulle in stille eensaamheid...
eens oases van geborgenheid...

Nou is daar net krake, stof en kruid,
met herrinneringe...en die wind wat fluit

Hul go is uit".


Hier volg n klompie fotos van sulke plekke wat ek tot dusver raakgeloop het.

 

Attachments

  • DSC00456.JPG
    DSC00456.JPG
    115.7 KB · Views: 602
  • DSC00460.JPG
    DSC00460.JPG
    94.3 KB · Views: 593
  • DSC00556.JPG
    DSC00556.JPG
    118.2 KB · Views: 601
  • DSC00723.JPG
    DSC00723.JPG
    122.2 KB · Views: 607
  • DSC00724.JPG
    DSC00724.JPG
    77 KB · Views: 598
  • DSC00728.JPG
    DSC00728.JPG
    150.1 KB · Views: 598
  • DSC00732.JPG
    DSC00732.JPG
    157.5 KB · Views: 590
  • DSC00733.JPG
    DSC00733.JPG
    101.9 KB · Views: 579
  • DSC00734.JPG
    DSC00734.JPG
    122.2 KB · Views: 583
  • DSC00442.JPG
    DSC00442.JPG
    115.4 KB · Views: 603
Top