"Vlenter",vasbyt en n vreemde verskynsel van Wild dogs en "Wild hoggs".......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

TWE-TWE

Race Dog
Joined
Jul 2, 2014
Messages
2,433
Reaction score
245
Location
.SOMERSET-EAST
Bike
AJS (all models)
Ek en my pa het n interne grappie,veral wanneer daar uitdagings in die boerdery is..”ons kan mos nie kla met n witbrood onder elke arm nie” …..en so rukkie terug begin hy toe bylas……:”en veral nie as jy n bike het en n jerry-kan vol petrol nie   ”…….ek beskou myself dus as geseend om na 7 maande se motorfiets ry,te kan opgradeer van n 125cc na n 250cc…….in retrospek is ek verskriklik bly dat ek stadiger opgradeer het as wat verwag is,want ek kon net op Vlenter klim en begin ry….hy is omtrent 5kg swaarder as “Kalahari” en in ag genome my geaardheid en “versigtige/voorkomende” uitkyk t.o.v.my nuwe sport het ek die regte besluit geneem…………….
Daar bestaan n groot moontlikheid dat “Vlenter” binnekort n naamverandering moet ondergaan, maar gelukkig gaan hy,n hy bly…………..

Hierdie afgelope naweek was regtig n hoogtepunt naweek,want ons moes PE toe vir n swemgala…........alles het net reg uitgewerk dat ons die nuwe bike kon laai en toe n braai by TEXC en Erika deurkuier…………
ons het tuis gegaan by Colin en Barbie Eke in n “pophuis” op Bushbuck Ridge…….
ons het Rebecca se verjaardag gevier met Colin se seekospotjie,kreef,mossels en n Woolworths koek………en Sondagoggend was oopgehou sodat ek saam met Colin en vriende kon gaan motorfiets ry !!!
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    212.4 KB · Views: 850
  • image.jpg
    image.jpg
    99.4 KB · Views: 861
Top