Watter digitale kamera?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,680
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek het 'n baie oulike Olypus Tough kamera wat waterdig, stofdig, valproef, kproef (OK dalk nie  ;D) en watookal nog proef is.  Maar ek mis my Nikon Coolpix S7000 wat se lens opgepak het.  Hy het werklik puik fotos geneem.

So, lang storie kort: ek is in die mark vir 'n nuwe digitale kamera en soek bietjie "user reviews" uit die voorste linies asseblief.  Waar is Dual, Megapix, Mickey Theunnisen en die ander kameraboffins

My behoeftes:

* Tussen R3000 - R6000
* kompak digitaal sonder AL die tierlantynties
* herlaaibare battery (nie AAA)
* Goeie kwalitiet fotos (ek druk omtrent geen fotos nie maar die foto kwaliteit moet goed wees: kleur, resolusie, lae lig fotos ens )
* vinnige "ready to shoot" vanaf aanskakel
* vinnige autofocus
* WiFi
* panorama funksie
* Redelik robuust
* Moet in my rybaadtjie se sak kan pas

Modelle waarna ek tans kyk (maar ek is oop vir ander voorstelle):

Canon G7X
Canon Powershot SX700 HS
Canon Powershot G16
Nikon S5200

 
Top