Restourasie van n nasie...die San-Boesmans op Kareekrans in Oos-Kaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

TWE-TWE

Race Dog
Joined
Jul 2, 2014
Messages
2,359
Reaction score
173
Location
.SOMERSET-EAST
Bike
AJS (all models)
My werk en storie met ons ongeveer 100 Boesmans op die plaas is n 13jaar oue verhaal van lief en leed.…

so ek gaan elke dag so stukkie tik en pos .

In 1996 het Andries 2 San-Boesmans op Patryshoogte plaas naby Cookhouse ,as sekuriteitswagte gebruik.Hy het baie van die Sanmense(Rooi nasie) gehou maar op daardie stadium was sy Xhosa werkspan mooi uitgesorteer en opgedeel in n waterspan wat die vloedbesproeing op die plaas hanteer het,die veespanne,trekkerdrywers en volstruis voerspanne. n Jaar later net voor Kersfees het die helfte van die Xhosas wat wou loop ,die ander gedreig wat wou bly en toe waai almal.  Dis so stil dat Andries net die voeltjies op die plaas kon hoor..nie n stem,trekker of bakkie wat ry om die werf nie en so begin die plan om die Boesmans te gaan haal…..

Andries het n boodskap vooruit Smutsdrift toe gestuur dat hy 30 werkers nodig het en gaan laai toe 100 mense,kinders,babas,vrouens en mans ingesluit op n 8 ton trok en bring hulle Kareekrans toe. Die suster en verpleegster van die mobiele kliniek kom “dip en dose” toe kind en kraai !! Die mense het in groepies gesinnetjies orals onder die bome in die tuin gehurk-sit…..Die grootste uitdaging was om die manne te leer met vee werk…

Andries moes elke man oor en oor wys hoe om n skaap te vang,dip,doseer en selfs hoe om hulle keel af te sny.Die eerste slagskaap was n groot skok vir Andries,want die skaap het so pers-rooi kleur gehad toe hy die karkas in die vleiskamer sien hang…..met tolke vind hy toe uit, hulle het die skaap met hul bene doodgewurg!!!...die outjies het nog nooit n skaap keel af gesny nie!!

Met tyd het Andries nie net hul baas nie,maar ook “pa” geword wat baie betekenisvol was,aangesien baie van hulle  vaderloos groot geword het a.g.v die oorlog in Angola met SWAPO…………………(..word vervolg…)
 
Top