Die standaard bashplate is werklikwaar pieperig en ek het in vrees gelewe aangaande die moontlikheid dat 'n rots of enige iets hard met die headers "kennis maak" - het die SW Motech bashplate laat opsit en dit lyk aansienlik beter en ek het sommer baie addisionele gemoedsrus!
Ek like daai bashplate baie.
Waar in die Wes Kaap kan ek so SW motech bashplate kry? 
PS: hoefeel kos dit en werk dit met die quickshifter geinstaleer?
Ek het vir Charlie by Zambezi ontmoet...... Juis omdat Hy probleme met sy QS gehad het.
Miskien moet Hy presies vertel wat die probleem was.
Die kort antwoord was , die bashplate wat later opgesit was het verooraak dat die QS nie Lekker was nie.
Zambezi het die brackets Van die bashplate geskuif en dit was toe reg, ..... Charlie sal bevestig of dit nou nog werk ...

EK sit my QS Donderdag op ..... Sal julle laat weet.