Pretoria na Baviaans en terug, ompaaie ingesluit

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Apr 14, 2011
Messages
1,682
Reaction score
101
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Die baviaans opskrif laat lesers seker al na oormaat hoesmedisyne gryp.
Ek het al ñ paar lang trips gedoen (Elke jaar een, come hel or highwater) en laasjaar se trip sou Baviaans insluit, maar die groot hoeveelheid reën daai April het my gefnuik (darem maar ñ mooi woord)
Die jaar wat finansieel maar rof begin het hier by my werk (die moeilikheidmaker se naam is Januarie)wou net nie saamwerk wat lang trips betref nie, vriend van my "potgieter" op WD wou ook graag die trip doen en het aangebied om vir al die verblyf en kos te betaal, of hy laaik my of hy het nie ander vriende nie :ricky:
Ons ken mekaar darem van 1977 af, saam kabellassers by die Poskantoor gewees.

Het maar besluit om die een te skryf omdat daar baie ouens is wat ook graag net wil wegraag in die stilte van die Karoo en wat daarmee gepaard gaan, maar net nie die finansies of die tyd het nie.
Hulle (soos ek ook maar gedoen het in die begin) verslind die RR en in die proses ook "saamgaan" sonder om tyd en finansies op te offer.
Ek dink daar moet ñ fonds gestig word om ten minste net een ou per jaar te borg om so ñ trip saam met iemand te doen, dit is tog maar wat jy weggee wat jou ryk maak, hier gaan natuurlik ñ paar manne wees wat natuurlik hierdie gedeelte gaan gebruik om ñ Gs 1200 uit iemand te kry :imaposer:

Die eerste stop en oorslaap was by Gariepdam, potgieter kan mos nie op die grond slaap nie agv ñ rug wat hom opkeil, so in die veld slaap (my gunsteling) was buite die kwessie.
Foto 1
Volgende oggend het ons net gery tot in Middelburg waar hy ñ gemeubelleerde huis het wat hy vakansietye gebruik (hy bly tans in Middelburg Transvaal.)
Die Maandag oggend het ons gou ñ draai by Dorsland gaan maak, lekker gesels en moerkoffie gedrink en ietsie geeët.
Wat n gentleman, Swambo en al, en kan sy bak.
Daarvandaan terug na die teerpad, daai pad vanaf Dorsland het darem vir KR en ChrisL besig gehou toe dit so hard gereën het toe hulle daar was so ñ ruk terug.
Volgende was New Bethesda"totally overrated) moes egter daar deur oppad na Murraysburg, daai paadjie al langs die lyndraad het ook sy verassing gehad, toe potgieter oor die knop kom toe het die pad weggespoel en hy kon nie betyds stop nie, van rigting verander op kort kennisgewing was daar geen sprake van nie.
Gelukkig darem niks oorgekom nie, kon betyds stop, maar bene was te kort vir ondersteuning.
Ek moes hom help optel, maar soos dit ñ goeie vriend betaam, moes ek eers ñ foto neem.
Op my vorige trip moes ek ook Bmw optel, Eish.
Foto 2
Dorsland se mooi boerboel moet ook ñ ereplek kry hier, pragtig.
 

Attachments

  • 20150302_114000.jpg
    20150302_114000.jpg
    226.4 KB · Views: 432
  • 20150301_121609.jpg
    20150301_121609.jpg
    221.1 KB · Views: 451
  • 20150302_094424.jpg
    20150302_094424.jpg
    182.9 KB · Views: 457
  • 20150302_122030_Richtone(HDR).jpg
    20150302_122030_Richtone(HDR).jpg
    250.9 KB · Views: 459
  • 20150302_080231.jpg
    20150302_080231.jpg
    201.2 KB · Views: 434
  • 20150228_153429.jpg
    20150228_153429.jpg
    144.4 KB · Views: 434
Top