More almal
Kan enige iemand asb vir my sê of daar 95/98 oktaan petrol in die volgende dorpe beskikbaar is?
- Britstown
- Williston
- Carnavon
- Clanwilliam
Ek beplan 'n solo toer in die Noord en Wes Kaap en wil net seker maak van die petrol voor ek my finale roete beplan.
ek is seker van 95 orals behalwe Williston - maar jy kan maar 93 ingooi. maak niks aan die bike nie. het selfs n 800 en toer baie - nog nooit n probleem gewees nie. Ek skat jou roete gaan wees Britstown, Vosburg, carnarvon, Williston, Van Rynsdorp, Clanwilliam - of gaan jy die grond klap van Williston na Clanwilliam? N lekker pad as jy Kaap toe op pad is (of andersom) is Carnarvon, Frazerburg, Surtherland, Ceres of Williston, Surtherland etc. Soooo baie opsies