Ek het nog nooit 'n connector nodig gehad nie: Voor druk die pomp deur die remskywe en agter is nie 'n probleem nie.
Ek glo die warm en koud storie is "overrated". My fiets het Tourance Next op. Tussen warm en koud is gewoonlik 0.1Bar op die agter band. Voor het ek nog nie werklik 'n verskil gekry nie. Die enigste keer dat die bande agter 0.2Bar en voor 0.1Bar gestyg het was in Springbok vol gelaai middel Desember 38 grade 140Km/h. Die druk verhoog gewoonlik eers vanaf 110km/h en meer, in reen en nat pad vanaf 120km/h. Dit wil voorkom of spoed en massa die twe rolspelers is.
Ek dink nie 'n mens moet te veel hare kloof oor banddruk nie. Ek neem net die volgende in ag.
Op teer kan hy maar hard gepomp wees. Pap bande op teer loop sleg af en wear and tear is hoog en stuurtraagheid begin intree.
Op grondpad. So pap as wat die terrein dit toelaat. Die TPM liggies kan maar brand hulle werk min genoeg en ek het baie vir hulle betaal.
Teer:
Gelaai: 2 op met VOL panniers pomp ek Agter 2.9 en voor 1.6Bar
Twee op en ligter : Agter 2.7 en Voor 1.6
Grondpad: (Ek ry nie vinnig op grond, daar is te veel om langs die pad te sien)
Gelaai: Agter 1.9 Voor 1.8
Twee op en ligter Agter 1.8 Voor 1.7
Gebruik die TPM as meter. 'n Mens kom baie gou agter hoeveel lug jy moet in sit en hoeveel jy moet uitlaat om by die regte druk te kom.
Die CO2 canisters lig die druk met ongeveer 0.3 tot 0.4 per canister.