Die onlangse 3 dae in Swazi was die meeste pret wat ek nog met die DR gehad.
Meeste van die tyd 'n ligte misreen gehad, en op die hoe berge in die mis gery.
Omstandighede was koeler as normaalweg, maar die rooigrondpaaie snotglad.
Ek het by tye soos 'n ballerina op die DR gebalanseer.
Eerste keer 'n Pirelli MT21 voor op gehad. Spesifiek vir die modder laat opsit. My baie beindruk.
Agter 'n 130 Kenda Big Block, wat soos 'n 120 lyk. My banddruk was aanvanklik effens hoog, en dit later na 1 bar laat sak, beter vastrap in die modder.
Die DR terug in Nelspruit.

Die Hyde bash plate was puik. Het wel 'n paar onderonsies met Swazi rotse gehad, wat wys op die plastiek, maar nie op die fiets nie.


Sent from my iPad using Tapatalk