Watse bande het jou S10 op ?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jakkals

Grey Hound
Joined
May 7, 2009
Messages
6,509
Reaction score
112
Location
George Western Cape
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek is 'n groot fan Mitas se E07's en het al 'n paar stelle van hulle op gery sonder probleme, het wel kraake gekry op die ou compound maar nog nooit dat die loopvlak af geklim het nie, ek is nou op my tweede stel van die nuwe compound waarvan die eerste stel ook geen probleme gehad het nie maar nou op my tweede stel kry ek snaakse kraake, veel erger en dieper as wat ek op die ou compound gehad het.

So nou begin ek maar rond kyk oor wat daar nog beskikbaar is, ek was al lus om die Heidenhuas weer te probeer maar al wat die goed eintlik gee is meer km's maar minder grip teenoor die E07's en grip is vir my meer werd as km's.

So laat weet asb watse bande julle op het en hoe julle dit vind, grond, modder, sand en teer,

Ek weet die beste grondpad band is gewoonlik ook jou swakste teerpad band en so ook om gekeer maar dit sal intresant wees om verskilende opinies te kry.
 
Top