Eet ons weer trommeldik aan ontbyt en gesels lekker met groep mense van Bloemfontein. Dit lekker warm lanks die vuur in eetsaal, en ons is so bietjie lui vir die uitgaan in die koue.
Ons is nie vreeslik haastig nie en teen die tyd dat ons by die grenspos aanmeld is dit reeds na 9 uur. Afstand vir vandag beplan is nie groot nie, maar aangesien more 'n baie lang dag is, hoop ek dat ons dalk verder as Rhodes kan vorder sodat ons die impak van môre kan ligter maak.
Ons begin afsak teen die pas en sommer gou-gou besef ek dit was sommer laf om benoud te wees om Sani weer af te ry....

