Eksien heel party manne het hulle XC's gaan inruil op African twins. Maak nogal sin vir my dat daar heelwat meer torque gaan wees met 200cc en n parallel twin.
Chris ek dink mens moenie n auto (dual clutch - fancy) gaan toets bestuur nie want al die ouens wat hom gaan ry is skepties en sodra hy terugkom is meeste se mening dat dit die beste ding is naas gesnyde brood.
......en jy het hoeka die fout gemaak om op een te gaan sit

Vir my sou dit n perfekte fiets gewees het as die wiele tubeless was soos die KTM 1090 maar die meeste ouens gaan my seker nou kak vertel.....onthou net meeste van ons is nie 'pro ryers' nie en ek kom van roadies af en is steeds maar my roots - die DS is lekker want mens sit lekker en jy kan die 20% grond (as dit soveel is) lekker ry dis hoekom ek n hier drool. Daai Honda is sag op die oog en klink mooi ook, maar as ek die geld gehad het om te kon koop sou ek hard besluit het tussen die AT en die Oranje cousin.
Ek sal ook graag wil hoor wat die geleerde manne se oor daai hooflig storie - ek verkies ook altwee moet kan dim en bright