DAG 14
Henties tot waar ons kom.
Vandag groet ons die familie en gaan sę hallo vir so paar vriende in Swakop en Walvisbaai.
Ons het die vorige aand gepak. Ons word wakker en dis baie mistig. Alles is nat. Ons sę ons good byes en val in die pad.
Stop eers by die hangman.

Dit sukkel maar so deur die mis en die soutpad is glad. Ek voel die karretjie wil sy gat uitgooi met geleentheid. Ons vat dit maar stadig.

So pak die sout saam.


Ons het probeer om Road Hog te bel, maar sy tel lui net. Ons stop in Swakop en eet gou ietsie by Woerman en Brock.
Ons vat die pad verder tot in Walvisbaai en groet so paar pelle daar. Ons gesels dik stukke in ‘n kort tydjie. Ek en Nannie besluit ons gaan nie oorslaap in Walvis nie, ons gaan maar eerder kyk hoe ver ons kan kom, want ons het ‘n ander afspraak met Man from Nam by Oanob dam die volgende dag.
Ons groet ons vrinne en vat die pad woestyn in, rigting Gamberg.
Eers stop ons by duin 7.




Dan vat ons rigting oos. Hoe verder ons binneland toe ry hoe warmder raak dit. Dis ons tipe weer die.


Nannie vat weer die stange en raak nou lekker windgat.

Volstruise en springbokke by die honderde

Ons sleep weer verby Kuiseb pas, dis laatmiddag en die kiekies wat ons neem is swak gehalte. Ons het nie veel om te wys nie.



Verby die Kuiseb pas draai ons links af op die C26, rigting Gamsberg



Gamsberg daar voor

Ons sien die bordjie, Rooisand Lodge. Ons draai hier in en soek kampplek.

Die duitser se vriendelike hond wil saamry.

Ons kom by die kamplek aan, die kampplek is nie van die beste nie, min skaduwee en dubbeltjie oral. Ons sien daar is ‘n groot afdak en sementblad by die ablusieblok en besluit om daar tent op te slaan. Ons is in elk geval alleen hier, so ons sal niemand pla nie.

Intussen sak die son alweer.

Ons maak vannaand so bietjie seekos gaar.
Kreef as voorgereg.




Vis en konfyt brochens vir die hoofmaal.

Man, so vars seekos so bietjie in die binneland smaak altyd te heerlik.
Ons eet soos konings en slaap glad nie so lekker nie. Hier is ‘n donkie wat ons deur die nag pla. Elke dan en wan gaat hy aan die skreeu en dan hol hy veld in, later hol hy terug. Later hoor ons koedoes hier naby ons blaf. So word ons wakker gehou die hele blerrie aand. Ten spite van al die gerumoer kry ons darem so bietjie rus in.