Toe begin die gesukkel. Ek dink Vaalbaas het dit al genoem, beide van ons se lonte is nie baie lank nie, en die donnerse bout het vieslik afgebreek en was blerrie hardnekkig en wou net nie uitkom nie. Met tye sou hy so kwart milimeter beweeg, anner kere niks. Ons het die plan beraam en daai plan probeer, ons het op een stadium mekaar so aangekyk en net stil gebly. Die ding het toe, na ek weet nie hoe lank se gesukkel, besluit om uit te kom. Nou kort ons ‘n bout wat weer daar kan in. Dis ‘n Sondag en Gouda is nou nie van die grooste plekke nie. Vaalbaas is later oor na sy pa se huis en kom terug met niks. Hy bel later ‘n pel wat smaak my ook nie daar is nie. Die volgende oomblik kom sy pa daar aangestap met ‘n draadrod wat wel pas. Vaalbaas het moere wat oor die draad pas en hy sweis die moer aan die draad. Ons smeer so bietjie gries aan die bedryf en draai die moer, sorry, tuisgemaakte bout in en maak alles weer bymekaar. Vaalbaas maak vir my ‘n spare en ek pak hom in.
By Vaalbaas se werkswinkel, die een waar jy werk, nie die anner een nie.
So begin die gesukkel en innerlike gevloek.



Die wetter is uiteindelik uit en die tuisgemaakte bout gaan terug.

Ons groet weer die vriendelike mense en is uiteindelik weer op die pad, maar dis al middag. Die beplande roete lyk nou skielik nie meer haalbaar nie. Ons ry Piketberg toe, die bout hou maar dit raak laat en ons besluit om teer te klap tot waar ons kan kom. Ons moet more in Namibia wees, anders raak ons agter met ons beplande roete.


Ons klim op die N7 en gooi kole noord. Ons maak Vanrhynsdorp en boek in by ‘n selfsorg eenheid.


Ons het backup kookvleis wat saamry en maak sommer ‘n lekker potjie vir aand ete.

Vaalbaas het die oggend vir my van sy afval potjie ingeskep om saam te neem. Ek kook die ook so bietjie op en haal al die bene uit en maak ‘n lekker brawn vir die volgende dag se toebroodjies. Ons het ook een van die nekke wat oorgebly het saamgeneem en die sal ook gebruik word vir die toebies.
Brawn

Terwyl ek kos gemaak het het Nannie van die vuil wasgoed sommer gewas.

Ons eet lekker en kry ‘n goeie nagrus in. Môre is dit D day, Namibia hier kom ons.
Vaalbaas, jy en jou vroutjie is werklik goeie mense. Daar is maar min van julle oor in die land. Vreeslik dankie vir julle gasvryheid en hulp. Sonder julle moeite sou ons seker nie verder die roete kon doen nie. Ons het nie genoeg woorde om dankie vir julle te sê nie. Ons hoop om eendag ‘n rots uit julle pad te rol. Mooi loop.