Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE  (Read 27798 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,588
  • Thanked: 167 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #60 on: June 01, 2015, 03:48:33 pm »
Dankie aan almal vir al die nice kommentaar.   :thumleft: :thumleft:

Ons gaan vannaand nog lekker ry. 

Ek sal NOOIT so uit die slaapkamer praat nie...  :peepwall:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   

Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 
Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,164
  • Thanked: 25 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #61 on: June 01, 2015, 03:50:27 pm »
 :spitcoffee:

Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 
Offline Rooikoos

Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #62 on: June 01, 2015, 04:28:17 pm »
Ai, julle maak my net lus vir ry en ek moet werk! lyk na 'n baie lekker trippie!
 
Offline Sputnik080

Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #63 on: June 01, 2015, 04:38:36 pm »
Dankie Oom en Tannie vir die heerlike saamry!
History:
1) 2008 Vuka XT125 (sold)     2) 2013 Motomia Java 170 (sold)     3) 2000 Honda XRV750 Africa Twin (sold)     4) 1994 Honda CBR600 F2 (sold)     5) 2004 Honda XL650V Transalp (sold)     6) 2004 BMW R1200GS (current)
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #64 on: June 01, 2015, 04:41:15 pm »
DAG 6
Rosh Pinah na Fish Rivier Lodge

Ons eintlike beplanning was om net in te draai by Fish Rivier Lodge, die canyons te besigtig en weer uit te ry en iewers langs die pad wild te kamp.  Dit het toe nie so uitgewerk nie, sal later vertel. 

Ons het rustig geslaap en staan lui lui op en pak so stuk stuk in.
Ons is nou werklik in vakansie mode.  Ons is nietemin steeds vroeg aan die beweeg, die kakkerige stuk pad terug na Rosh Pinah.  Vanoggend gaan dit heelwat beter, wys jou net as jy uitgerus is.

Ons maak petrol vol op Rosh Pinah en vat rigting noord, Aus se kant toe.  50km op die pad vat ons die D463 grondpad.  Die pad begin mooi, lekker breed en glad.  Ons besigtig die mooi wreld.  Dis maar so bietjie aan die dor kant.
Ek sien my familie is hier ook betrokke met die rugby.

Ons stop later en eet so bietjie oorskiet braaivleis.

Mnr koringkriek wil ook kom peusel.

No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #65 on: June 01, 2015, 04:43:36 pm »
Ons vat weer pad, die pad bly mooi, maar wees maar versigtig deur die driffies.  Dis baie sanderig en op plekke baie klipperig.  Van die driffies is sommer so 150 tot 200 meter lank met dik sand en so mengsel van klippe tussenin.  Maar die karretjie loop soos stroop deur die driffies.  Hy gooi sy gat so nou en dan, maar ek kan dit hanteer.  Dis n goeie teken vir dinge wat nog gaan kom op die trip.

Hier is ChrisL se driffie, die enigste een met water in.  Vra maar vir Chris, hy sal jou die storie van die driffie vertel.
Hy is sommer so mooi groen van die sluk aan die onderkant, maar gelukkig het ons drie wiele en ry gemaklik deur.

Later vurk die D463, ons hou regs hier.  So paar kilos op die pad kry jy die afdraai na die Fish Rivier Lodge, so 24 kilos in en so 45 minute later.  Dis net so hondkak pad in, en weet maar, dis die enigste pad in, so jy moet hom ook uitkom.  Maar dis die moeite werd, ons sien baie wild en die omgewing is pragtig.

No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #66 on: June 01, 2015, 04:45:44 pm »
Hier is die begin na die lodge

No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #67 on: June 01, 2015, 04:51:05 pm »
Nadat wat voel soos n leeftyd bereik ons die lodge.  Ons word hartlik verwelkom en n mengeldrankie word in ons hande gestop.  Hulle vat ons tot by die uitkykpunt en maak ons gemaklik.  Ons word vertel om te onspan, hulle sal ons netnou inboek.  Ons verstaan nie daai inboek storie so lekker nie, maar ons ontspan en geniet die drankie terwyl ons lekker op hulle banke sit en tuur oor die canyons. 

Intussen word mense links en regs ingeboek en na hulle huisies en kamer begelei, almal hierdie fancy toeriste.
Die bestuurder en bestuurderes daag op en verwelkom ons.  Vriendelike mense dink ek en ons gesels lekker oor ons karretjie wat tot hier gekom het.  Hulle like ook bikes kwaai.  Die volgende oomblik vra die antie vir hoe lank is ons by hulle ingeboek.  Ek skrik my as af, maar hou my pose.  Ek maak keel skoon en s sommer nee, ons het nie geboek nie.  Sy seg dis jammer, want hulle is vol geboek.  Ek s ons ry maar so rond en soek eintlik  kampplek waar ons kom.  Die man en vrou kyk mekaar aan, vertel ons hulle het nie kampplek nie.  Hulle het wel n kamer met twee enkel beddens en eie stort en toilet, maar hulle verhuur hom eintlik nie uit nie want daar is geen krag nie.  Ons wil eers die prys weet voordat ons ja s.  Die man s ons kan daar bly, R300 vir die huisie ontbyt vir beide ingesluit.  Klink nie te sleg vir ons nie.

Ons uitsig van die kamer

Ons pak af en ontspan met n wonderlike uitsig.  Ons gaan drink later drankies by die kroeg maar kom agter dit raak n duur storie. 

Ons is terug huisie toe en drink ons eie dop, ons het mos ys.  Later slaan ek my kamptafel op en maak vir ons n lekker worspot vir aandete.  Ons stort en het heerlike warm water.  Ek loer by die venster uit en sien hulle werk met solar en sien n groot 12V battery.  Ons het mos 12V LED ligte.  Ek Koppel die ligte aan die battery en siedaar, ons eie Eskom.

Nog n k@k dag in Afrika.
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #68 on: June 01, 2015, 04:54:25 pm »
DAG 7

Fish river lodge na Luderitz

Ek en vroutjie het n lekker aand gehad, lekker gekuier, geet en geslaap.  Ons het nie beplan om hier te slaap nie, maar dis was op die die moeite werd. 
Ons pak op en gaan nuttig n ontbyt in die saal.  Ons aanskou vir oulaas die mooi uitsig voordat ons die pad vat.  Dis weer daai 24km, 45 minute se slegte pad terug hoofpad toe.  Maar weereens gaan die vanoggend baie beter as gister middag.

Ons sien van die gaste het met vliegmasjiene ingekom.

Ons is later weer terug op die D463 en die pad is goed, bietjie sanderig op plekke maar niks te ernstig vir die karretjie nie.  Op plekke sleep ons 110km/h.  Later vat ons die D462 links en kom uit by B4 teerpad tussen Keetmans en Luderitz.

Hiervan was dit weer alpad teerpad tot in Luderitz.

No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #69 on: June 01, 2015, 04:58:25 pm »
Ons stop eers in Aus by die Hotel en eet n ietsie en les die dors.

Die son steek en ek soek skadu om te rook.

Dis nou so 120km na Luderitz, die pad is lank en reguit. 
Ons sien die wildeperde aan weerskante van die pad.  Ons stop vlugtig, ons sal hulle wel besoek met ons terugkomslag.

Intussen stook ons die kole.  Nannie is weer agter die stange sodat my gat so bietjie kan rus.

So 40km voor Luderitz tref ons Luderitz se wind.  Hy waai verwoed en smaak my hy wil ons terug binneland toe waai.  Maar ons verminder spoed en klou vir die vale. 

Die voorlaaiers word gebruik om die sand van die teer af te hou.  Ons het vroer jare gesien dat die duine dik l op die teer.

Ons kom in Luderitz aan.

 Die plan was om op Shark Eiland te kamp.  Ons kom daar aan en besluit dis nie n goeie idee nie, die wind sal vir ons binne in die see in waai.  Ons ry rond en soek slaapplek, iets met vier mure en n dak oor die kop.  Ons kry uiteindelik die Backpackers en hulle het n skaflike kamertjie vir ons.  Die prys is reg en ons is te happy.
Shark Eiland

Ons slaapplek onder dak.

Ons koop voorraad.  Vleis pryse is billik teen R70-00 per kilo vir lam, hier by ons is dit enige iets tussen R99 tot R129-00 per kilo. 

Die aand word weereens afgesluit met n lekker braai.  Ons het so lekker geet ons het skoon vergeet om kiekies van die kos te neem.

Mre verken ons Luderitz so bietjie.
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,606
  • karoorooster@gmail.com
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #70 on: June 01, 2015, 05:14:52 pm »
Hel wat 'n lekker trip! Sipskraaip :thumleft:
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 
Offline XT JOE

Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #71 on: June 01, 2015, 05:20:58 pm »
Damm- dit is darem mooi- dankie vir daai fotos
BEER IS PROOF GOD LOVES US.
 
Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,588
  • Thanked: 167 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #72 on: June 01, 2015, 05:30:38 pm »
Ai ai dit is pragtig.  Gooi ons ry nou lekker saam.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   

Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 
Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,319
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #73 on: June 01, 2015, 06:00:36 pm »
Lekker uncle  :thumleft:

Daai huisie op pad Luderitz toe het ek somer Hamster se huisie gedoop, die arme man het amper 'n halwe dag in daai huisie gesit terwyl ek vir hom 'n tube op Luderitz gaan soek het, en het ek genoem dit was Desember en 40 grade plus.  :imaposer: :imaposer:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 
Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,000
  • Thanked: 109 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #74 on: June 01, 2015, 06:05:31 pm »
Die storie lees baie anders as enige van die vorige RR's. Iemand hierbo het genoem dat mens Louis se stem kan hoor soos hy skryf.

Bly julle het hieraangekom en ons kon ontmoet. Ry baie lekker saam :thumleft:
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
My eertse foutjie KTM RC8
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 
Offline Barrie

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 354
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #75 on: June 01, 2015, 06:20:51 pm »
Nou was ek ok in Namibia vir die aand, lek man  :thumleft:
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #76 on: June 01, 2015, 06:25:20 pm »
DAG 8
Luderitz en omgewing

Vandag gaan ons nie vr ry nie, ons gaan Luderitz en omgewing so bietjie van nader bekyk.

Luderitz is baie spesiaal vir my en Nannie.  Ons het hier gebly en gewerk vir so jaar lank, tussen 1985 en 1986.  Dit was een van ons beste jare in baie opsigte. Ons kind het hier vir die eerste keer skool gegaan, ek dink sy was maar 4.  Ons moes al die kinders skool toe stuur sodat hulle net die skool kon oophou.
Daai tyd was die blanke bevolking maar 305 in Luderitz.  Ons het basies almal geken en almal het jou geken.  Daar was nie n stil oomblik op Luderitz nie.

Ons het kreef gevang by die honderde, vis gevang, geduik, gedrink, gebraai, snoek derbys gehad, gedans by die klubs, kaart gespeel, gedrink, gejag, duine gery, gedrink, sandrose uitgegrawe, lyke gesoek in die woestyn, skaamhaai gevang in die lagoon, gedrink, huis partytjies gehou, boot gery, Hally se komeet gesien, harders getrek, gedrink en so nou en dan ook gewerk.

Ablusie geriewe by die backpackers

Die eienaar se vriendelike honne.  Die een was effe agresief met my. maar toe ons daar weg is was hy my grootste pel.

So paar geboue in Luderitz

Die jare toe ons hier gebly het was dit die enigste winkel waar jy groceries kon koop, nogals op die boek ook.

Luderitz se hawe.  Toe ons laas hier was, was die westekant se kaai nog die ou Yacht Klub.  Dis nou vervang met die hawe wat uitgebrei het.

Die lagoon was reg voor ons huis waar ons gewoon het.  Baie harders hier uitgetrek en gebraai.

Ons huis waar ons gewoon het, daai se jare was daar gin hek en lae mure.  Ons het nooit die deure gesluit nie.  Smaak my die misdaad raak maar ooral n probleem.

Ons kind se eerste skool.

No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,319
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #77 on: June 01, 2015, 06:44:34 pm »
Ek glo dit was 'n goeie en lekker tyd in julle lewe op Luderitz, veral in julle beroep,  dink daar is baie stories wat vertel kan word.
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #78 on: June 01, 2015, 06:51:56 pm »
Nou gaan ons Diaz Kruis toe, D701.  Dis op die pad na die lugtoring. 
Oppad kry ons baie Springbokke en so paar gemsbokke.

Die pad is maar aan die stamperige kant.

Daar gekom sien ons die houtloopplank na die kruis is beskadig.

Ons loop nietemin oor die rotse en klim tot bo.

Diaz se kruis

Hiervandaan het jy n 360 grade uitsig.
Doer is die lugtoring.  Die toring was beman deur 3 manne wat op die terrain gebly het.  Hulle het skofte gewerk van 8 ure sonder enige rusdae.  Hulle het daai jare goeie geld verdien vir die ekstra skofte.  Ek het baie male vir hulle hier kom kuier, daar bo in die toring.  Hulle moes altyd sekere inligting sekere tye deur radio.  Die windspoed, die hoogte van die see se dyning en nog klomp anner goed, kannie als onthou nie.  Was daai tyd nogals baie interresant.  Sal nooit vergeet, die een ou se vrou het die lekkerste gebakte hoender in die oond gemaak.  Sy kon maar daai hoenner bak.  Crispy vel aan die buitekant en sagte sappige vleis aan die binnekant met n stopsels in die pens. 

Selfie

Hier onder het ek en die boot-mechanic-vriend eendag 203 kreef gevang in n bestek van 45 minute.  Ek moes vandaar seelangs huis toe ry met die boot bakkie wat n 4.5 perdekrag buiteboord gehad het.  Hy was met die bakkie vort na Luderitz en ek met die bootjie.  Ons kon nie padlangs gaan nie, bang vir seevissery.  Die mis was kwaai dig daai dag.  Skaars 5 minute in my vaart toe loop staan die enjin.  Vandaar moes ek roei met die krewe wat die3 boot vol spartel.  Ek het later nie geweet waar die strand was nie.  Maar aangeneem ek roei in die regte rigting.  Vier uur later roei ek die lagoon in waar ons huis is.  My vrou staan aan wal en hou al begrafnis en het die hele dorp op hol.  Hulle is besig om n soek geselskap uit te stuur om my te soek.  Gelukkig kry ons hulle betyds gekeer. 

Kyk hoe verniel die wind die ou geboudjie.

Op die strand het ons baie gebraai.  As die timing reg was was die vleis net betyds gaar voordat die hooggety die kole kom dood spoel.  Ons het vandag kaas bradwurst en brochens gekoop in Luderitz en vir ons lekker hoddogs gemaak op die strand.

Hiervandaan gaan besoek ons Grosse bucht.  Ry in by al die plekkies, dis die moeite werd.  Jy sal plekke kry soos Griffith bay, Halifax, Knochenbucht, Essy Bay, Fjord en Klein Fjord, Bogenfels ens.

Op daai strand, dis Essy Baai, het die see eendag amper ons 1400 Datsun bakkie gevat.  Daai bakkie was spoggerig, nogals met 185s 13 duim bande.  Kon amper enige plek in die sand met hulle ry, net nie hier nie, dis n tipe shingle sand waar ons loop vassit het.  Hoe meer jy grawe hoe meer sak die bakkie weg.  Dit raak later hoogwater en grou help niks.  Dis net ek en die vrou en die kind.  Die branders slaan later die bakkie dat hy so lig.  Lyk soos n bootjie op n stymige see.  Ons sit later toe maar op die strand en hou die storie dop, wag dat die see die bakkie vat.  Soos die geluk dit wil h, daag nog n paartjie daar op.  Hulle jaag dorp in en kom terug met die enigste breakdown service op Luderitz.  Met so paar toue en n stuk ketting aanmekaar gelas word die bakkie tot harde droe grond getrek.  Ek het so paar maande later maar die bakkie daar in die binneland gaan verkoop.     

Grosse Bucht

Klein Bogenfell

Ek ken nie die geskiedenis van die boot nie, lyk soos n vars storie die.  Maar ek sien hulle is nou besig met n oester en mossel plaas in die lagoon.

No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 
Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,482
  • Thanked: 159 times
Re: VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE
« Reply #79 on: June 01, 2015, 06:54:42 pm »
Hierna gaan ons n besoek afl by Kolmanskoppe.  Daai jare kon ons die plek besoek sonder n gids, maar ons plaaslike gids, Ziekie Mans, het n goeie manier gehad om die stories van die plek te vertel.
Dit lyk vandag egter so bietjie anners as daai jare.  Die plekkie is nou omskep in n tipe van museum.  Hulle het dit eintlik pragtig gemaak sodat daar darem iets vir die nageslag sal oorbly.  R80 per persoon en darem ook nie belaglik duur nie.  As jy sekere tye daar is, kan jy gids beleiding kry teen geen ekstra kostes.
Hier volg die kiekies.

Na Kolmanskoppe is ons terug na Luderitz en toe n kort draai gery tot by Agate strand, uit op die D706.
Oppad kry ons hordes Gemsbokke en Springbokke, hulle wie by die groen gras langs die k@kgate.

Ons het altyd hier rondgeloop met die kind en agaat klippies opgetel en in botteltjie gesit.  Soms ons boot bakkie ook hier gelaunch en uitgevaar na daai eiland en kreef daar gaan vang. 

Dit was weer lekker om bekende plekke op te soek en te sien.  Ons het die dag terdee geniet en was redelik uitgeput na al die op en af ryery. 
Sonsondergang oor Luderitz

Meat balls gebraai oor die kole met slap chips en n gevulde garlic en kaas brochen.

Ons was pootuit en het soos n klip geslaap.  Mre is ons weer op die pad, die keer die woestyn in.