VIS ARENDE SE NAM TRIP MET DIE KARRETJIE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,735
Reaction score
1,918
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
Nou toe, wie ry saam met ons.

Ons beplande trip, https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=168175.0, het toe uiteindelik plaasgevind.  Nou nie die volle trip nie, maar as troosprys kon ons darem so bietjie van Namibia gedoen kry.  
‘n Onverwagste operasie vir Mev Vis Arend en siekte in die familie het ons trippie kort geknip, maar ons was nog steeds dankbaar dat ons kon ry.  

Ek gaan nie veel skryf nie, daar is alweer tonne fotos geneem, so dit sal seker meer ‘n foto report as ride report wees.  

DAG 1

King William’s Town tot Die Kai (Somerset Oos)
Ons verlof begin apmtelik die 1ste Mei, maar ons kry die middag van die 30ste April vroeg af en ons besluit om in die pad te val, al is dit sommer net tot Somerset Oos.  
Die pakkery was al ‘n week (EINTLIK 'N MAAND ) terug gedoen, so dis net ‘n kwessie van ryklere aantrek en ons is so 13: 00 in die pad.  Vandag ry ons net tot by Die Kaia naby Somerset Oos.

Die Vis Arende


Die Vis Arende se Karretjie met die nodige “slang serum”.


Gepak en oppad


Die beplande roete


So lyk die gedoente van agter, jy moet darem mos ook gat kyk.


Net voor Cookhouse rek ons weer bene en knak ‘n koue net om in die vakansie gees te kom en om te kyk of die yskas/vrieskas werk.  Ja, julle het reg gehoor.  




So 5 kilos of wat voor Somerset draai ons af op die R335 na die Kaie.


Die indraai na Die Kaia


Die Kaia lê langs die Klein Vis Rivier.


Soos die gebruik is braai ons daai aand.




Sover so goed, dit was ‘n kort roete tot hier maar môre sal ‘n langer dag in die saal wees
 
Top