OomD, my logika sê vir my as jy die draad wat na die bright toe gaan hijack, en jy doen dieselfde met die dim, met 'n skakelaar tussen die twee drade, dan het jy mos beheer oor wat werk wanneer.
My punt is, solank as wat jy die bright se draad kan kry waar hy ingaan by die housing wat die bulbs het, dan kom jy mos by hom uit?
As jy beheer kan kry op die wyse, dan hoef jy glad nie te worry oor die skakelaar op die cluster nie. Dis eintlik maar net 'n kwessie van opspoor watter een is die trigger wire vanaf die dim/bright skakelaar?
Of mis ek iets???
Draadwerk jy is dalk reg, as jy 'n draad koppel by die lig se brights (in plaas van by die brights skakelaar). Ek weet daar is 'n pulse draad vir die daytime running light by die headlight assembly.
Dit gaan dalk net werk met die gewone halogeen hoofligte.
Met die LED hoofligte vermoed ek daar is nie 'n spesifieke draad wat brights of dim skakel nie, die LIN en/of CAN bus gaan ook na die headlight. Dus sê hoof rekenaar vir die lig dmv die LIN / CAN bus om aan en af te skakel. Ek kan egter verkeerd wees hieroor, dis maar net wat ek uitgevind het toe ek my spots opgesit het.
Selfs die nuwe OEM LED spots werk met die kommunikasie bus, in plaas van diskrete drade.
Die moeilikheid ook is dat as jy intap of enige draad verloor jy jou waarborg. Ek is al deur so geveg voorheen, darem nou nie met BMW nie maar met 'n voertuig vervaardiger. Dis 'n gemors en op die einde as enigiets foutgaan, selfs onverwant aan jou modifikasies, kan hulle die waarborg uitgooi. Maar as waarborg nie 'n issue is nie sou ek sê, go for it.
Is jy handig met 'n multimeter? Dan kan jy dalkvasstel watse drade beheer watse funksie op die hooflig.