Ek het weer daar gaan lees ek ek is nou skielik nie meer so seker oor die konneksie wat die trigger gee nie. Dit lyk tog soos 'n kontak. Maar wat in die draad aangaan het ek geen idee oor nie. Is dit 'n sein - wat dit ook al beteken - of is dit dit net 'n baie lae stroom? Ek neem aan 'n sein sal siklies wees, soos 'n sinus kurwe op 'n ossiloskoop maar dit moet volts he. Daar is seker iemand hier op die forum wat meer weet van die huidige werking. As ek die draadjies so bekyk, lyk hulle maar vir my dunnerig. Met net 12V tot jou beskikking raak die amps gou hoog, veral vir goed wat redelik stroom trek. Met lae volts soek jy nie lang drade nie, en as hulle lank is, moet hulle dikkerig wees. Maar die vraag bly steeds, as mens 'n skakelaar op die bars aktiveer, wat gebeur? Is dit 'n puls wat gestuur word of is daar 'n continue stroom wat vloei? Dus, as ek nou nie die elektroniese gurus te veel ontstel nie, is die stelsel digital of analoog?