GAMKAPOORTDAM TOT SEEKOEGAT

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,716
Reaction score
445
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Gamkapoortdam tot Seekoegat

Dag 1/3 - Vry. 05/06/2015:  Stilbaai/Ladismith tot Gamkapoortdam


Kaart van die roete:
Map0%20-%20Klein_zpsn4hrei7g.jpg


Ek het ‘n paar dae verlof en oudergewoonte word met ChrisL gekonkel rakende ‘n pad of twee wat moet gery word.  Die ergste reën is verby, maar kort-kort druis die garage se sinkdak weer terwyl ek die panniers staan en inpak.  Dis nou die vierde dag, maar 82mm later word die laaste druppels uit die groot spons gedruk.  Vrydagoggend kom gooi die Riethuiskraler anker voor my stoep, en na ‘n koffie en nog ‘n onderbaadjie word die twee GS’e afgestuur op R62 se kronkellende esse tot knap anderkant Calitzdorp se omtes.  Ons draai links af verby Red Stone Hills en kry die eerste skamerige waterplasse.  Later voer die Lategansvleipad egter ‘n paar verrassings in die mou voor ons die Volstruishoofstad gelukkig sonder insident binnevaar.  By Dysselsdorp gekom spring ons weer oor die grootpad en ry noordwaarts met die Vergelegen pad voordat ons later weer by Schoemanspoort aansluit.

Vergelegen tussen Oudtshoorn en De Rust:
IMG_0199_zpssapbvxed.jpg


Deur die lekker draaie van die poort, en by Wilgewandel se bord draai ons in.  Darem net iets onder die hemp sit voordat mens die Swartberg wil oorsteek.  Teen die berg gekom is ek egter verbaas om te sien dat die pas plek-plek gespoel is, maar gelukkig nie werklik glad is weens die reën nie. 

Swartbergpas:
IMG_0202_zpscsucmamo.jpg


Later, met Prins Albert se sous in die tenke, draai ons wes, rigting Gamkapoortdam.  ‘n Mooi pad met vier hekke, plek-plek ‘n bietjie sand.  Later tref ons die ou padkamp se oorblyfsels aan waar die dambouers van ouds gebly het.  Linksaf hier en ‘n paar knikke verder kry ons eers dik modder, en later ‘n redelike klipperige tweespoor al langs die rand van die dam af.  Teen die water aangekom kan ek die pienk huisies aan die oorkant op die koppie sien by Fox Leaderboer.  Daar het ek al heelwat gestaan, maar dis my eerste keer hier aan die oostekant.

Pad in na die Gamkapoortdam:
IMG_0203_zpsssu0rpob.jpg


Plek-plek klipperig:
IMG_v1_zps1b73apxr.jpg


Gamkarivier se inloop:
IMG_1042_zpssmdh2uxh.jpg


Uitsig na die weste:
IMG_1043_zpsct2er4ie.jpg


Ek het eers gedink dis 'n seekoei...  Lyk egter soos 'n bees of ander dooie ding in die water.
IMG_1044_zpsydnlyv14.jpg
 
Top