Soektog na 1983 Kawasaki LTD wat10jaar gelede in Trichardt by bike-plek gelos is

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

TWE-TWE

Race Dog
Joined
Jul 2, 2014
Messages
2,258
Reaction score
5
Location
.SOMERSET-EAST
Bike
AJS (all models)
My oom het in 1995 vir my n 1980/3 Kawasaki LTD gegee as geskenk toe ek my eindeksamen op Kovsies geskryf het......my ouers het vir my my eerste kar gekoop ,maar my broer op Tukkies het nie n ryding gehad nie....ek het niks geweet van motorfietse nie en bangerig vir hulle,maar was nog altyd vreeslik gefassineer deur enige bike....ek het die Kawasaki dadelik  vir my broer geleen ...ek is spyt dat ek nie maar selfsugtig was en die bike gehou het nie......

Intussen het die lewe gebeur ....10 jaar gelede het my broer ,Petrus Saayman,die bike by n motorfiets agentskap in Trichardt(langs Secunda) afgelaai by n man met die naam John/Johnston/hy is nie doodseker nie,vir n groot diens/oordoen........my broer is getroud,van werk verander ,kinders gekry en so half van die bike vergeet......

n jaar terug toe ek begin bike ry en leer van bikes het ek hom gevra oor daai Kawasaki en hy het aanbeveel dat dit nie die moeite werd is om hom te soek nie,want hy moes teruggaan en dis nou al sooo lank...hulle het seker al die bike verkoop .....

Vanoggend kyk ek die gopro-movie”babes ride out” en n groot spyt oor daai Kawasaki kom hang oor my......miskien moet ek my “eerste” bike begin soek .......

Die you-tube movie laat my dink aan daai bike:

<iframe width="640" height="360" src="https://www.youtube.com/embed/Bcr6nLAUIEQ?feature=player_detailpage" frameborder="0" allowfullscreen></iframe>

Ek het kontak gemaak met my oud-matriekklas van 1989 van Hoerskool Secunda...miskien kan hulle my die name van bike plekke in Trichardt gee....en miskien,net miskien kan ek die bike terugkry/koop......................... :thumleft:
 
Top