Die Manskappe, Karoo, Oos Kaap, die M@3#$e Val en nog wat!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Happyfeet

Pack Dog
Joined
Mar 19, 2009
Messages
206
Reaction score
1
Location
Montagu
Bike
BMW R1200GS
Ek was verbaas om die uitnodiging te kry… Het al vir ‘n paar weke lank ‘n klomp mal bikers se heen-en-weer emails met ‘n gllimlag gevolg en kon sommer sien dit sou ‘n trippie van epiese proporsies wees. Maar dit was ‘n groep ouens (manskappe soos ons later bekend sou staan) en ‘n vrou sou net die dinamika bederf. Tog kry ek een aand ‘n oproep van Kallie om te hoor of ek wel die emails kry en of ek saamgaan.

Ek het verduidelik dat ek net dinge vir die manskappe kan bederf, maar hy het volgehou hulle wil my saamhe en hoe kon ek (begeesterde biker wat ek is) hoegenaamd weier?! So raak ek deel van die manskappe en die aand wat ons voor die vertrek by JD vir ‘n “worsie” bymekaar kom, voel dit of ons almal mekaar reeds ken. (Die feit dat daar seker 83 000 emails tussen die groep verwissel is, mag dalk iets daarmee te doen he).  Natuurlik is sommige ouens se fietse flenters nog voor ons begin het en die word toe ook sommer aan gewerk terwyl ons ander ons trommeldik eet aan “net ‘n worsie”! Buiten myself is dit net Sean en Caroline wat as ‘n paartjies saamgaan (en ons ongelukkig op die tweede dag vir ‘n detour moes verlaat).
 

Attachments

  • 05-IMG_2887.JPG
    05-IMG_2887.JPG
    60.2 KB · Views: 915
  • 02-IMG_2884.JPG
    02-IMG_2884.JPG
    80.9 KB · Views: 915
Top