Prins Albert Se Spoke (op bl 4) (6 Dae Se Eerste Van Alles)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Hierdie gaan 'n l-a-a-a-ang ryverslag word, want ek het baie om te vertel.  :) Hiermee dan die inleiding vir solank

“Ek sê jou wat, kom ons gaan Baviaans toe,” kom dit oor ‘n Saterdagmiddag koffie van Nismark se kant af.   Ek voel hoe ek begin frons.  “Baviaans toe?”  Dit val geensins in by my kop se legkaartplanne nie.  “Wat van ‘n “pre fracking” toer voordat die Karoo opneuk word,” stel ek  voor.  Nismark skud sy kop. “Jy gaan heeldag sit en koud kry op die bike.”  Hy het ‘n punt beet.  Met ons Verneukpan toer  het ons van begin tot einde van die koue gesnuif.  “Ou-kei”, kom dit halfhartig van my kant af. “Beplan jy ‘n roete,  dan sal ek oplees watter geskiedkundige plekke ons langs die pad mag kry.”

‘n Paar dae later sink die gedagte in dat ‘n ses dag toer om die draai lê.   Ons gaan na Die Hell en Baviaans toe!
 

Attachments

  • wegtrek.jpg
    wegtrek.jpg
    98 KB · Views: 1,193
Top