Botswana en Namibië Julie 2015

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

EwaldSchmidt

Pack Dog
Joined
Apr 28, 2014
Messages
226
Reaction score
0
Location
Nylstroom
Bike
BMW R1150GS
My vriende het op verlede jaar se Bybelgenootskap se Word Rider toer een aand met die plan begin- julle weet mos wat gebeur as iemand op 'n dag sê: "Wat van ons..."

Wat van ons gaan toer deur Botswana en Namibië as die skole volgende jaar vir die Julie vakansie sluit? Ek het toe nog net die Aprilia 650 en die BMW Roadster 850 gehad. So dit was tyd om groter te gaan. Anders as my ryker vriende kon ek nou nie KTM bekostig nie, en selfs die Super Tenere is buite my vuurmaakplek. Maar 'n mens kan mos altyd op 'n BMW staatmaak...

So was dit nou die afgelope jaar die storie van die Varkie koop, die baie vrae wat ek hier gevra het omdat ek nie panniers kan bekostig nie. Die hulp en raad van mede Honne was baie kosbaar, en veral die raam wat ek by Genesis115 gekoop het, het baie antwoorde gebring.

Verlede Saterdag het my vriende by ons in Nylstroom bymekaar begin kom- Johan en Magda van Nelspruit, Francois en Andrea van Kempton Park, Richard en Eileen van Edenvale- al drie van hulle op R1200GS'e. En ek en my geliefde op onse varkie.

Ja, my meer ervare pelle het baie gesê oor hoe swaar ek gepak was. En dit is idioties, ek weet...

Maar hier is ons fiets oomblikke voor vertrek...



Die eerste dag was maar van Nylstroom af (vir ons) tot by Ellisras, waar ons in 'n vriend se kerksaal geslaap het.

Ons het Sondagoggend vroeg in die pad geval- dit sal mos nie help as die mense vir kerk opdaag en ek en vroulief lê nog in mekaar se arms in die moederskamer nie? In elk geval, teen agtuur die Sondag was ons by Groblersbrug, en deur op pad Francistown toe. Op miskien foutiewe raad het ons reguit aangery oor na Palapye toe om vermoedelike padwerke te vermy op die Selebi Pikwe pad.

Die diens in die Wimpy by Palapye was uiters stadig, maar die koffie en kos was goed...

Vinnig op Francistown gestop vir ons aand se proviande, en toe deurgedruk Nata toe.

Ryk mense gaan seker Nata Lodge toe en sien die olifante... ons het 3 km voor dit by Nata Bird Sanctuary oorgebly. Ja, die Honne sou ook meer van die Bird Sanctuary hou, baie sand en min gerief... maar dit was goed om die toer so te begin...

Dit kos maar iets soos 35 Pula per nag, en daar is songeisers. Verder sand en bome...  Elke hond se speelplek :)


Ek sal elke nou en dan bietjie verder vertel en fotos opsit.

Maar nou wil skoonma eers my fotos sien. Praat weer met julle!


 

Attachments

  • IMG_0015.JPG
    IMG_0015.JPG
    393.4 KB · Views: 900
  • 2015-06-27 12.09.12.jpg
    2015-06-27 12.09.12.jpg
    269.5 KB · Views: 910
Top