Koës Rally and biehond.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Chrisl

Teelhond
Joined
Jul 23, 2007
Messages
43,033
Reaction score
6,323
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
In 1999 lees ek in die BarkSA van die Koës Rally in Koës Namibië. Ek sit hom op my bucketlist, maar die ratte draai stadig en uiteindelik kry ek hom bygewoon vanjaar!! :thumleft: Planning a ride maak my lus, Weskus maak die fout (ek dink hy het later spyt gekry) om my saam te nooi. Mof kom by en ons raak n driemanskap vir die pad op.

Woensdag wegtrekdag.

IMG_2677_zpshsbbvrrg.jpg


Ek gooi teer al die pad Vredendal toe. Ek moes stop vir die wolke tussen Ashton en Swellendam.

IMG_2678_zps5oaoi6sn.jpg


Ek stop vir n vinnige hallosê by Oupa Fourie by Botha wynkelder en ook om n droëworsie by Vaalbaas op te tel in Gouda. Die man se mancave laat mens kwyl!!! :eek7:

IMG_2681_zpsyhn8xsve.jpg


n Rustige siel wat ek weet sou sy groottoon gee om te kon saamry. :deal:

IMG_2682_zpstrs5tdwv.jpg


Ek stop by nog n klientvriend anderkant Porterville en tien oor vyf stop ek voor Weskus se deur, hy natuurlik sit op die stoep en wag met sy eerste bier!!! Blinkes kom kuier en bekla sy lot dat hy nie kon saam (volgende keer Stefan) en n te veel en te lekker eetery volg. As ek nou terugdink was dit ook die laaste keer wat ek iets anders geeet het as vleis!!! :eek7: :imaposer:

Hoekom hang jou tiete so?!!!(meelgesig aan bloues)Kyk hoe charge die KTMmanne hul bikes, gn wonder die goed hol so nie!! ;)

IMG_2684_zpsyzwgh5ou.jpg


Weskus se hanteerder en die kinders!!!! :thumleft:

IMG_2685_zpscopeihbf.jpg


Donderdagoggend na n slapelose nag staan ons rustig op en vat die pad in Loeriesfontein se rigting om Mof te kry. Hy natuurlik op sy eerste trip met sy "nuwe" 1150 GSA. My opinie is hulle pas bymekaar soos n vuis op n oog. :deal:

Ons draai af op die Sishen spoorpad anderkant Van Rhynsdorp. (was n goeie keuse Weskus) :thumleft:

IMG_2686_zpss0zxvilk.jpg


Al teen die spoor af en kort kort draaie en driwwe wat ons moes deur.

IMG_2687_zpsiq7cgpgs.jpg


IMG_2689_zpsvkgf7vib.jpg


Volgens die voorafbespreekte tyd was ons almal laat en het ons dus omtrent gelyk daar aangekom!! :thumleft: Mof en Weskus vat albei n "steeringdampertjie" my fiets het klaar een op ;) en ons vat die pad Granaatboskolk toe.

IMG_2690_zpspa0yosqa.jpg


Die paaie is verbasend goed en ons vorder fluks. Ons vat n "drinks" break en een van die grotes kom verby oppad na een van die nabygeleë myne.

IMG_2692_zpscqvtfxkc.jpg


weskus%20koes%2013_zpslytwkcw2.jpg


weskus%20koes%2014_zpsz7yoxmki.jpg


Ons kom oor n hoogte en die pragtige pan lê voor ons. Al wat gekort het was n trop pienk Flaminke.

IMG_2693_zpszxfr4z70.jpg


weskus%20koes%2015_zpss37qjgc0.jpg


weskus%20koes%2018_zpsrsqu7oqi.jpg


Ons T die Kliprand-Pofadderpad en ry die laaste 80 km van hom tot in Pofadder. Ons vat n koeligheidjie vir die kele, koop n vleisie en gooi noord
Onseepkans toe. Alle reports lui die pad is hondsleg maar hy is toe nie , maar die laaste 15 km het die hoogste middelmannetjies wat ek al tussen gery het. Daar is nie n manier hoe mens oor een van hulle kan ry met n groot DS bike op spoed. Sedankarre het n "pad" langs die pad gemaak want hul pense sleep!!!! :eek7:

IMG_2696_zpsz6jwkxuk.jpg


By Onseepkans bekyk ons die kampterrein en gaan kyk waar eindig die pad teen die rivier af, maak n draai by die winkel en kry die telefoon nommer van die kampopsigter ene Posman.

weskus%20koes%2023_zpssqpftmrx.jpg


IMG_2697_zps1bdbi7es.jpg


weskus%20koes%2028_zps4pbspxlb.jpg


weskus%20koes%2026_zpszytklljx.jpg


Lekker kampplek en die Oranje se gedreun pas in die setting, net jammer van die doefdoefkak van n nabygeleë kampterrein. :biggrin: Posman kom kollekteer sy R 80 n kop en laai gratis "hout" af. Was n bondel pale van n onbekende oorsprong maar ons kla nie want hulle het wragtag lekker kole gemaak!!

IMG_2700_zps15chstg2.jpg


Nie een van ons was lus vir skinny dip nie maar die Sub A tassie het dit nie oor die grens gemaak nie!! ;) :p :imaposer:

weskus%20koes%2034_zpsds5a4lzc.jpg


IMG_2702_zpsrktx1nd0.jpg


En so sak die son op nog n Afrikadag.

IMG_2706_zpsxhoxmla0.jpg


weskus%20koes%2042_zpsooaaj1wt.jpg


Weskus is agter die rooster en n lekker aand volg.

IMG_2709_zpsddotxhed.jpg


IMG_2710_zps0dx2lgez.jpg


Ek raak aan die slaap met die rivier se gedreun naby my. Net wat  n man nodig het vir n wegbreek. :thumleft:
 
Top