Watse sneeu!? Ek gaat ry .....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Vroeer dié pas afgelope week het ek lus gekry om weer so 'n stuk te gaan ry maar daai weer voorspelling vir Donderdag het my bietjie benoud gemaak.  Sneeu, sommer heelwat, was voorspel.  En het dit inderdaad toe gesneeu en was dit lekker koud. https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=156883.420  My lus is effe gedemp toe Vrydagoggend bitter koud aanbreek.  Die paaie is modderig en dis sommer net mislik om te gaan fietsry.

Maar Saterdag kom en alhoewel dit dik geryp het die oggend, is dit teen so 11h00 'n heel lekker dag, amper kortmou weer.  Sondagoggend toe is daar net so effe ryp en ek besluit toe, basta! ek gaat ry.

Ek het nie rerig 'n plan gehad nie, maar wat moes gebeur is dat ek by 'n brandstofpomp moes uitkom omrede ek minde as 'n halwe tenk gehad het.  Ook was daar 'n paar DVDs wat moes teruggaan.  Ek kies toe sommer teerpad Graaff-Reinet toe en slat twee vlieë met eenslag dood.  Maar kerels, dit was mos maandeinde naweek gewees en die dorp lyk effe beroerd met elke tweede ou wat erg slinger.  Mens moet maar koeskoes ry.

My sake in die dorp is afgehandel en ek drentel so luilekker uit die dorp uit, verby die Van Ryneveld dam, deur die Camdeboo Nasionale park.  Ek maak 'n vinnige stop by die park se Vallei van Verlatenheid hek om te hoor of motorfietse daar mag in.  Ja seg die man, gaaf dan bring ek die 2IB anderdag saam ons koffiestofie en kom kuier ons daar.

Ek ry die mooi Oubergpas uit, sommer teen 'n slakkepas want ek is heel rustig en daar is geen verkeer nie.  Dis net ry vir g'n rede nie, net vir die lekker.

Ek draai af op die Nieu-Bethesda grondpad en stop vir 'n kiekie.  Kan so 'n blink tweespoor na mens roep of hoe?


20150802_103206_zps0ymvlcxt.jpg



Doer ver lê Graaff-Reinet en die Van Rynevelddam.  Ek kyk vanoggend, en as ons nie goeie damreën dié somer kry nie, dan gaan sy vlak nog verder sak.  Die wind waai lekker uit Murraysburg se rigting uit maar dis eintlik glad nie té koud nie.


20150802_103142_zpsz1roou5p.jpg





Ek ry net so 200m en sien toe hierdie "10 green bottles hanging on the draad".  Stop ek weer, handskoene uittrek, afklim selfoon uithaal, kiekie neem.  Maar ek het (amper) heeldag se tyd.  Lyk my dis 'n koedoekruising of iets en die bottels is om hulle weg te fluit of iets,  daar is honderde bottels wat op daai stuk draad hang.  Terwyl ek nog so staan en wilwil water afslaan, kom 'n GP 3-Serie BMW daar verby.  Hy is haastig.  Ek laat hy maar in 'n stofwolk verdwyn voor ek my been lig.




20150802_103500_zps62yq6ezg.jpg





Ek ry verder en dis nie baie lank nie en ek beginne die BMW se stof raakry.  Ek gee bietjie vet dat ek hom kan verbygaan en uit sy stof kom.  Hy ry nou stadiger as gevolg van die spoelslote oor die pad van die week se reën.  Hy trek darem heel links dat ek maklik kan verbykom.  Ek bedank hom en ry verder.  Ek sien 2 motorfietse van vooraf aankom, ek ry stadiger en wilwil nog stop om te gesels maar ek sien die manne op 1200 GSe waai maar issie lus vir gesels nie.  Baai julle  ;D


Ek ry verder, dis 'n pragtige dag om sommer te drentel.  Ek is maar ligtig vir die beton driffies nadat ek laas met my XR650 lekker neer gewetter het.  Orals loop die water en die dammetjies het water in.  Ek stop sommer by Bloukrans plaas se driffie vir 'n paar kiekies.  Net toe ek weer ry kom die man en sy gesin daar verby, Sondag plaas uitstapie.  Die man beloer my nog so asof ek 'n baaiker is maar ek groet hom in goeie Afrikaans en hy glimlag. Skielik is hy lus vir gesels, ek ook.  Hy seg hulle het dié week 7mm gemeet maar voorverlede week het hy 'n duim gemeet.  Lekker.  Ons warrawarra nog so 'n stuk voor ons die pad vat.  Lekker om sommer so met vreemdelinge oor gemeenskaplike sake te kan geselsies maak.  

20150802_110438_zpssv4xm71p.jpg



20150802_110356_zps1suoui3v.jpg





Dié water kom uiteindelik daar by my verby, seker so 70km van hier af.  Siet julle later voggies  :biggrin: :thumleft:

20150802_110428_zpsv5jcwdzr.jpg





Riverdene is 'n redelik bekende plaas in die distrik, hy het 'n mooi ligging.  Maar deesdae lyk dit my hulle leef van hulle gebou huurgeld op die dorp.  Daar is nie groot tekens van woelinge hier nie.  Dalk is dit die Sondag.

'n Tipiese Karroplaas.  Mooi man, mooi.


20150802_111253_zpspaflmh3j.jpg




Die tweespoor klim nou die berge in en oor en die pad is plekplek erg verspoel.  Ek kom twee klonkies tee wat oppad Nieu-Bethesda toe is.  Die wind waai kwaai van voor so hulle hoor my nie.  Ek toettoet hulle en, al is ek nog 'n ent weg, skrik hulle hulselwers amper moeg.  Hulle lag dat hulle rol, ek lag saam en waai die manne.  Wakker wees kerels, die baaikers is oppad.

Verder stop ek weer om sommer oor die berge en dale te tuur.  Ai kerels, dis mooi so in die winter.  Dis harde wêreld dié maar met sy eie bekoring.  Dis wyd en skoon en oop en stil en ........  Ja, dis sommer Karoo op sy wintermooiste.


20150802_111810_zpsoiyiq2e8.jpg




Ek stoot aan want dit raak al middagete se kant toe en ek wil nog ontbyt eet by Tannie Ydil hulle se plekkie op Nieu-Bethesda.  Maar wys jou net, 'n man maggie haastig raakie of jy sien jou agterent sonder 'n spieël.  Die afdraendepad is erg verspoel en dit lyk meer na loopgrawe as spoelslote wat dwars oor hom loop.  En daar is baie los klippers.  Na ek myself die tweede keer uitasem geskrik het, slêk ek 'n stukkie af. Ek wil ontbyt oppie dorpie eet, nie hospitaalkos nie  :eek:


Ek stop eers om die mooi ou Kompasberg in sy wit sneeukleed af te neem.  Hou hy geduldig wag oor die fraaie Nieu-Bethesda hieronder  :)


20150802_112449_zpshtygiote.jpg






By Tannie Ydil se plekkie aangekom, groet sy vriendelik, bring sommer my gewone koppie tee nog voor ek vra en gaan aan die gesels.  Ek hou van ou mense, hulle gesels lekker en vertel altyd van vervloë dae, van 'n tyd wat verby is.  Ek vra soms so 'n paar vrae om hulle aan te steek dan laat waai hulle en ek luister lekker.  Hulle geniet die vertelling so veel soos wat ek die geluister geniet.

Die platteland is 'n ander plek kerels.  Dis 'n lekker plek waar mens nog mens kan wees en daar samesyn onder mekaar is.

Ek eet té lekker aan my ontbyt.

Tannie%20Ydil%20se%20ontbyt_zpskqah4t1a.png


 
Top