2 Pelle doen Lesotho - now with Video link on first page

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lenny-man

Pack Dog
Joined
Jul 21, 2014
Messages
177
Reaction score
3
Location
Pretoria
Bike
Kawasaki KLR 650
Video of our Lesotho Trip

https://youtu.be/ksMOgioQrec






More Honne

Skies ek is bietjie laat met die RR..... Maar nou ja hier is dit:

Ons het die Lesotho trip baie geniet en ons altwee en fietse het veilig weer by die huis aangekom wat natuurlik die heel belangrikste is. Dit was op party plekke redelik rof gewees maar ons het vinnig gesien watse "berge" ons en ons fietse kon oorkom  :biggrin:

Dag 1 - Pretoria tot by Himeville

Ons het die oggend baie vroeg weggespring om meeste van die verkeer op die N3 te vermy. Uiteindelik uit die verkeer het ons gou gestop vir ontbyt. Die paadjie af Natal toe was lank gewees, maar ons het lekker rustig gery. Elke sowat 100-150km gestop. Dit was nog bietjie koel gewees. Divan se heated grips op die GS het vir hom lekker gewerk, vir my het die OBS ook lekker gewerk om warm te bly  ;) Ons het teen middag ete se kant in Howick aangekom, gou by oupa en ouma gestop vir middag ete en toe weer verder gery.

Die aand het ons in Himeville oorgeslaap by Sani backpackers. Baie baie netjiese plek en goeie vriendelike mense wat daar werk. Ons het maar vroeg in die bed gespring want die volgende dag sou ons Lesotho drome waar word.
 

Attachments

  • 11891097_10152965459097136_7380111309930186211_n.jpg
    11891097_10152965459097136_7380111309930186211_n.jpg
    67.5 KB · Views: 478
  • 11903792_10152965459287136_3803744972854029793_n.jpg
    11903792_10152965459287136_3803744972854029793_n.jpg
    61.2 KB · Views: 473
  • 11219067_10152965459222136_8131193804964299957_n.jpg
    11219067_10152965459222136_8131193804964299957_n.jpg
    54.5 KB · Views: 474
  • 11232070_10152965459627136_5773951739394879411_n.jpg
    11232070_10152965459627136_5773951739394879411_n.jpg
    82.6 KB · Views: 486
  • 11947434_10152965459107136_5694562050575985700_n.jpg
    11947434_10152965459107136_5694562050575985700_n.jpg
    74.3 KB · Views: 484
Top