Vinnige ry rondom Durbanville

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

KiLR650

Pack Dog
Joined
Jan 10, 2014
Messages
138
Reaction score
0
Location
Gordons Bay
Bike
Yamaha XT 660 Z
Twee weke terug Vrydag het ek by 'n vriend gaan kuier in Durbanville, die Saterdagoggend moes hy vinnig gaan werk wat my to verveeld by sy huis los tot hy terug kom, so toe vat ek my TomTom Rider en soek op die kaart vir enige omliggende klein dorpies. Ek kry toe vir Kalbaskraal op die kaart en kies "Plan Thrilling Ride" en outomaties werk hy toe vir my 'n ronde trip uit. Ek klim toe op BosGemors en ondek die mooiste teer en grondpaaie wat ek seker nog ooit gesien het. Dis paaie wat ek glad nie geken het nie, maar beslis weer sal ry. Ek het baie ander fietse op die pad gesien so ek neem aan vir die locals is dit dalk 'n gereelde roete so die van julle wat daarond bly is baie bevoorreg. Hoop julle geniet die fotos.




























 
Top