Vorstershoop, maar alweer Bray trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,250
Reaction score
688
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Ons groepie beplan al lank aan n run Vorstershoop toe. Dit sou n taamlike harde ride wees en glad nie
n scenic ride nie. Dit was in elk geval die plan.
Almal was op tyd gewees en het ons 05H20 in die pad geval vanaf Centurion. Teen die tyd wat ons heelwat ,later die oggend in Zeerust aankom was ons n uur voor ons schedule.
Die pas was goed en het ek verseker gevoel ons gaan maklik Vorstershoop haal. Die ouens het omtrent gery.
In Zeerust slaan die eerste bad luck ons. Jakesvv het n papwiel. Volgende papwiel slaan my tussen Miga en Makgobistad. By shebeen plug ek net my tyre met n snotty. Nou het die twee papwiele ons al n uur en half gekos.
Ek verstaan nie hoekom nie maar die tweespoor sand net na Miga het minder sand gehad maar dit was die
lelikste wat ek hierdie stuk nog gesien het. Dit was omtrent verskroeide aarde met niks wat daar leef of te sien is. Heelwat sand verder op die stuk waar daar voorheen nie was nie. Elke keer wat ek nog daar deur was het jy deur groenerige dik bosse en pendoring take gery met grond oordek met so n tipe gras amper.
Makgobistad n lekker koue quart gevat en toe weer pad gevat. Ek het die pas hiervandaan af probeer opstoot
maar moes herken later ons gaan Vorstershoop net nie maak voor 16H00 nie.
Natuurlik het die koue quart op Makgobistad nie gehelp nie want ek het erg begin lus raak vir nog n paar en ook moer lui gewees. My brein het net koue bier en swembad by Tapama gesien.
Volgende stop het ek voorgestel ons stop by Bray en kamp by Tapama en het dan ook so gemaak  :thumleft:
Min wetend wat vir my voorle kan ek net se dankie tog ons het nie verder probeer ry nie.
Seker oor die droogte maar die hele roete was meer sleg pad gewees. Heelwat  meer poeierige sand ens.
Van die ouens het nog nie sulke sand gery nie en kan ons dankbaar wees niemand het geval of seergekry nie. :thumleft:
 
Top