Ons het die volgende oggend weer vroeg begin. Ons moes in die Kaap uitkom om helmets te koop en dan daarna by ons bestemming by Vaalbaas en die gaste wat vir ons ‘n verrassing sou wees.
Dit was vandag Nannie se verjaarsdag. Ek vergeet skoon van haar verjaarsdag want ek het so week terug al haar geskenk gekoop en gegee. Nou hoe sal ek dan onthou?
Gelukkig was daar darem nie reen nie, maar die mis het maar plek plek lekker laag gelê.
Hier is ons net voor Huisrivierpas.

Hier is ons iewers net voor Barrydale, nadat ons ‘n moerse ent deur baie dik mis gery het.

In Barrydale ‘n heerlike brekkie geeet toe is ons vort rigting Kaapstad.

Route 62

Anderkant Montagu, ek dink dis omtrent hier rond dat ek onthou het Nannie verjaar. Ek het maar baie beskeie omverskoning gevra en haar geluk gewens.

Die bekende tonnel met die fort aan die bokant.


Ons het darem ook bietjie blomme gesien.

Hier nader ons die Hugenote tonnel, en die Kaapse doktor waai alle soorte k@k. Ek moet klou vir ‘n vale en ry soos ‘n dronk ou, van die een baan binne in die volgende baan.



Toe is dit die tonnel in. Hier het ons gesuffer, die petrol gasse het ons klaar gemaak. Ten minste was daar nie wind nie.

Amper in die Kaap stop ek vir ‘n vinnige smoke break en vroulief hol vir ‘n Wimpy koffie. Sy smaak daai goed kwaai.

Tussen die Paarl en ons ontmoetingsplek met “Vaalbaas”, raak ek deurmekaar en eindig op ‘n stuk grondpad. Ek het nie eintlik tyd nie, maar ons hou maar aan met die grond, ons sal wel iewers uitkom.

Ons is later weer op die teer en die Conola (spelling) lyk mooi.

Daar staan Vaalbaas se “nuwe witte”.

Ons stop langs die “nuwe witte” van Vaalbaas en Nannie sê dis dan Woody se bike die. Ek kyk weer en sien wragtig, dit lyk soos ‘n brakpan bike. Ek kyk kafee se kant toe en daar staan die aap (Woody) en neem kiekies van ons. Die bogger.
Woody en sy vroutjie kom aangestap en groet. Ons is te bly om mekaar weer te sien. Na al die groetery vra ek heel onskuldig, “nou waars Vaalbaas met sy nuwe witte”. Woody lag sy gat af, dis toe dat ek besef die manne het my vir ‘n lekker een gevang. Saak nie maak nie, hulle poeffies is geboek. Ek het ‘n geheue soos ‘n olifant, terugkry gaan ek hulle kry.
Nou ja, ons is kafee in en drink ‘n lekker koffie en praat bietjie strooi en lag oor die voorval.
Gouda is so 15 kilos van hier en ons wil gaan kuier.
Die mense wat ons lekker verras het.

My pillion se nuwe uitsig. Ons het vars helmets gekoop in die Kaap so uur of wat terug. Lekker man, lekker.

Gouda se HOOFSTRAAT.

Ek maak vir ons ‘n lekker brood met room, kaas en knoffel saam met Gouda slaghuis se skapie vannaand. Deeg gekoop in Wellington. Woody eet mos nie slaai nie, hys ‘n vleis en brood mens.

Hier kuier ons lekker met ons “hosts”, Vaalbaas en Vaal Noi.

