Daar kry ek vandag die antwoord vir iets waaroor ek al jare wonder!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,954
Reaction score
1,059
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Op 6 Februarie 2008 ry ek bike daar naby Heidelberg en kom op die palawa af.

n Padskraper staan en brand in n land. Ek stop en kyk rond, dis groot skade die. Die donker rookwolke is van ver a sigbaar maar niemand kom kyk nie.

Ek staan maar daar rond en kyk daars niks wat ek kan doen nie. Later neem ek maar n paar fotos en ry aan.

Uit my vorige leeftyd op die forum pos ek toe die:
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=11390.msg223290#msg223290

index.php

index.php


Vandag ry ek weer daar rond en daar kom n bike by n plaas uitgery, hy ry dieselfde pad as ek, dis n boer met n keps op. Ek ry maar agterna in sy stof. Dan stop hy skielik op n draai. Ek stop ook en ons raak aan die gesels. Sy bike se ketting het afgeval. Hy sit dit so gesels-gesels weer op.

Ek vra hom of ek maar daar kan ry, dis seker sy plaas. Hy lag en se ja maar as ek op pad is Suurbraak toe sal hy my n baie mooier pad gaan wys. Ons gesels nog n ruk en toe ry hy vooruit om te gaan wys

Later draai hy om ek sal nou nie meer kan verdwaal nie. Soos met plattelanders gesels ons eers nog en ek onthou van die padskraper - die ding het gebrand daar waar hy uitgery gekom het.

Hy lag en se Ja dit was sy buurman s'n. Die het dit gekoop om iets in die lande te doen, maar dis toe n lemon en die ding gee die gees. Hy haal toe van die goed af wat hy kan gebruik en kry iemand om prys te gee as skrootyster. Die se toe die prys is omtrent dubbeld meer as daar nie plastiek of rubber of iets op die ding is nie.

Nouja, boer maak n plan en daar steek hulle toe die ding aan die brand om die yster skoon te kry!!
 
Top