Draadtrek, ek het al 'n paar Heidenhaus en Mitas E0 07 op gehad en is nou op Karoo 3's.
Die E 07's en Karoo 3 hanteer vir my baie dieselfde op teer, nat en droog, die verskil kom op grond, daar is die Karoo 3's by vêr beter as die E07's, al nadeel van die Karoo 3 is die lae km op die agterband. (3/4 000 km maks)
Die Heidenhau is kak op nat teerpad en het ook nie dieselfde grip op grond soos die ander twee nie, hulle sidewalls is ook moer hard. Al waar die Heidies die ander twee wen is met km's.
Terug na die Karoo'3, ek het geen probleem met vibrasie op hulle nie, lae spoed en hoë spoed, en grip op nat teer is ook nie 'n probleem nie, ek en Vis Arend het nou die dag in die reen van Gouda tot Oudtshoorn gery en ek het geen probleem met grip op nat teerpad gehad waar ek weet die Heidies nie sou kon by hou nie.
Ek weet jy het 'n probleem met vibrasie op die Karoo 3 gehad maar persoonlik dink ek dit was nie die bande nie, in teen deel, ek is so impress met die Karoo 3 dat ek die week 'n spaar stel gekoop het met 'n ekstra agterband. ( R 1400.00 vir agter en R 1000.00 vir voor)
Sou ek meestal teer gery het, 70/80 % sou ek nie een van die bo genoemde bande op gesit het nie, daar is beter teerpad bande op die mark wat ook grond kan ry maar jy moet hulle limits ken en daarmee saam leef.