Sondag is die van der Merwes voor sonop terug Pretoors toe. Ons het besluit ons gaan Clarens om ry Cor Laat weet ons daar is nie meer brandstof op Little Switzerland nie, Dink ons gaan die Golden Gate kamp terein maak...
7.5 km voor die kamp terrein het die X nie meer petrol nie, het n pyp om te tap van die Military Fuel Tanker... maar die is ook so leeg die pyp word nie eers nat nie :huh: .
Wil haar nie die Lichens pass in die nat toestande die pas op sleep nie. Stel voor ons los die X daar en gaan kry gou petrol by die kamp terrein - dink julle Michelle wil haar fiets daar los? Sy se sy wag net daar. Het toe gery en gaan brandstof gooi...
Nou die sadste part van die hele naweek... die hele 20 min wat sy daar gestaan, het 22 fietse verby gery en nie een het eers vra of sy okey is nie? En van daai 22 was 4 Pretoria klub lede... GS ryers... So much vir GS kammeraderie? :dry:
Toe ons brandstof oortap het 4 fietse van Zambezi gevra of ons okey is, DANKIE aan julle.
Kom ons fokus weer op die positiewe.
Dankie aan Cor en Corna wat saam ons gery het, julle geduld en lekker saamry - dit was n awesome trip. Aan Brian en Walter wat die eerste dag saam gery het, het lekker gekuier.
Aan Sakkie en Chris van BMW on Call, dankie vir julle bystand.
Anton van Bavaria wat Michelle gehelp het met haar X, en Lenny wat opgevolg het om te hoor of alles reg is. Weerens uitstekende diens van Bavaria!
En die hele Rides Commitee van die BMW Motorcycle Club Pretoria, elkeen met hul verantwoordelikheid in elke department. Dit is steeds lekker as die Rides Committee onderleiding van Willem se uitstekende leiding so bymekaar trek en so huge event n groot sukses maak – DANKIE AAN ALMAL!!!