Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 1610km in n dag, n laaaang dag (RR klaar, laat opdatering!)  (Read 17284 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
1610km in n dag, n laaaang dag (RR klaar, laat opdatering!)
« on: September 14, 2015, 08:50:47 pm »
Ek wou al lankal n ystergat doen, maar het vinnig besef n dag so op teer sal my dood maak, dood van binne dit is net te vervelig op teer! Maar anderdag toe word dit genoem dat mens dit op grond kan doen en dadelik het ek belang gestel. Ek het n paar ander mal vriende wat ook belang stel toe so toe is ons in, en maak n datum vas.

Maar vinnig het ek gesien dat n datum vas maak is net die begin van wat nogal n storie en n half is om te beplan. Buiten die logiese goed van my bike weer in tip top shape te kry, alle ATGATT in plek te he en aandag te gee aan musiekvoor ek dieselfde cd oor en oor moet luister was die roete beplanning nogal n uitdaging. Teerpad kilos dra nie by tot die 1610km totaal nie, so as jy sommer net n klompie grondpad bymekaar gooi kom die roete vinnig uit by 1900km agv al die teerpaaie tussenin. Maar goed, met bietjie moeite kon ons dit reg aanmekaar vleg. Toe nou die volgende ding...petrol. Daai klein dorpies het nie altyd petrol nie, of dan net kantoor ure petrol so ons het n ondersteunings voertuig nodig gehad. Maar dit beteken daar word bietjie baie gewaag op een persoon...teen die tyd weet ek nou al dat die lewe almal curveballs gooi en as ons ondersteuning kanseleer is ons geskroef.

Maar blykbaar like die manne met bakkies ook sulke goed, al kry hulle nie erkenning nie, en in spring my broer met sy vriende. Hulle byt toe sommer behoorlik aan die ding. Mensig hulle het tot n koordlose boor en hele toolbox saam gery! Dit terwyl net twee KTM's sou saam ry! Die manne het wragtig groot bele in ons trippie, hou in gedagte hulle kom van Durban af. Hulle het die Donderdag aand reg deur die nag gery en die Sondag na ons trippie weer terug, 4000km vir die naweek! En dit in n Hilux wat mos kan hard ry. Ons is baie dankbaar Jean, Morne en Stean.

Die klompie Durbaniete het toe nou sommer vir ons hempies en stickers ook georganise. baie ougat. Ek sit solank die roete met rofweg die afstande op dat ons in die pad kan val...
« Last Edit: December 19, 2016, 08:03:43 am by m0lt3n »
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Malmoer

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 523
  • Thanked: 22 times
  • Either i find a way or I will make one!!
Re:
« Reply #1 on: September 14, 2015, 09:17:40 pm »
Het self n 1500km gery van Okahandja af huistoe in Langrbaan. Makliker gese as gedaan alhoewel dit net teer was. My 800 was baie swaar gelaai met baie wind die hele pad.
Ek sien uit na die trip van julle. So stuur maar gerus die updates.
Subscribed
Life's journey is not to arrive at the grave safely in a well preserved body, but rather to skid in sideways, totally worn out, shouting "Holy shit...... WHAT A RIDE"!!!!!!!

2011 F800gs (Current)
2007 G650 x challenge (Crashed!!!)
2008 YZ250wr (Sold)
 

Offline Toothless

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 303
  • Thanked: 19 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #2 on: September 14, 2015, 09:22:50 pm »
Sjoe...
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #3 on: September 14, 2015, 09:41:26 pm »
So 3 dae voor ons weg trek hoor ons toe ook dat een van die KTM manne nie sal kan weg kom by die werk nie, so toe is ons nou 4. 2x 1200GS en 1x Supertenere en 1x 950, Die aand voor die tyd moes ons toe nou ook laaste klomp goed uitsorteer en kom glad nie regtig vroeg in die bed nie, gelukkig kon die dames die kos voorberei terwyl ons mik vir die bed om die res van die aand te probeer slaap terwyl jy die heeltyd uitwerk hoeveel slaap tyd het jy oor voor die rit begin.

Ons het saam gekom by die Shell garage buite die dorp (Kathu se groot lorries staan daar) en ook die ander groep wat die teerpad ystergat gaan doen gegroet voor ons weg gespring het. Dit was eintlik n heel nice gees daar soos almal die storie so aan pak en saam begin. al is dit twee helemal verskillende ervarings glo ek.

Vir die gronpad ryery werk die normale manier van petrol slippies te stuur vir die Ironbutt Association (IBA) nie. So ons moes van Spotwalla/Bubbler gebruik maak, n tracking app op die foon wat nogal puik gewerk het aangesien dit update soos jy ry en jy kan fotos en so ook neem op die roete wat dan outomaties op die kaart registreer. Sien die link hieronder en zoom bietjie in op die punte om paar fotos te sien.

https://spotwalla.com/tripViewer.php?id=ec5655f3141d5b05c

Ons het om middernag weg gespring sodat ons meeste donker ure spandeer op die pad terwyl ons nog vars is wat n heel okay besluit was. Die nag ryery was nie te sleg nie alhoewel die manier wat ons dit benader het verkeerd was glo ek. Ek is gewoond op grond ry mens tot by n draai en wag dan vir die res van die groep. Maar die keer dit toe nou nie so lekker gewerk nie. Die stof was te erg en gou was ons sommer ver agter skedule. En wat gebeur dan...dan probeer jy tyd in haal deur vinniger te ry wat ons vinnig natuurlik in die voet geskiet het.

Ons 950 het geval, en nogal sleg ook. Ons het te vinnig gery vir die donker en nie gesien hoe die pad skielik skerp draai nie. Ek het op GPS dit amper gemis en self amper moeilikheid gehad, so ook Wilrie aan my linkerkant kon ek ook in my spieeltjie sien net net in die pad bly, ons het verder gery en toe later gestop by die volgende draai (seker goeie ding dat ons wel by die draaie gestop het...mmm miskien moet daai reeling maar staan om te wag vir die groep op draaie..) Philip het toe nie sy draai gekry op die KTM nie en val toe sleg tussen die klippe. Die KTM toe nou ook mooi n knock gevat op die petrol tank net bo die pompie sodat hy net mooi nerens verder gaan nie. Hy self het ook sy hand en bene seer gemaak. n ry broek is nou op sy shopping list na die naweek.

Oom Aubrey het toe aangebied om te bly en hom te help. n Goeie besluit want toe hulle later terug gaan om die KTM te gaan haal met n waentjie het hulle n goeie 6 ure lank verdwaal.  Ons se baie dankie aan hom vir hierdiebopoffering. Die besluit het ons ook toe toe gelaat om ons support vehicle te behou vir die res van die trip. Dit los toe vir my en vir Wilrie op die twee BMW's om verder te ry. Op daai stadium was dit al klaar n goeie 4ure verlore en net 200km gery. Nie n baie goeie begin vir die dag nie en my gemoed was maar laag.

(laaste foto was gevat by weg spring)
« Last Edit: September 15, 2015, 09:45:39 am by m0lt3n »
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Jondu

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,027
  • .................................
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #4 on: September 14, 2015, 09:47:20 pm »
sub
 

Offline Hinksding

  • is beslaan met ligte hoefysters
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XR125L
    Location: Northern Cape
  • Posts: 2,670
  • Thanked: 89 times
  • Die aai van Loeriesbaai
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #5 on: September 14, 2015, 09:48:48 pm »
Malmoere! Anyway....sien uit na die res! :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Eet vleis! 'n 1 000 000 jakkalse kan nie verkeerd wees nie.
 

Offline SlŠinte Mhaith

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #6 on: September 14, 2015, 10:32:42 pm »
 :peepwall:
 

Offline hedleyj

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #7 on: September 15, 2015, 05:48:48 am »
Wag in spanning vir nog
I'm sure the sun goes around the earth twice a day.
 

Offline Eddie L

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: United Kingdom
  • Posts: 124
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #8 on: September 15, 2015, 06:50:19 am »
Sub
 

Offline silvrav

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #9 on: September 15, 2015, 07:07:56 am »
 :sip:
 

Offline FrancoisTz

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #10 on: September 15, 2015, 09:14:38 am »
Sjoe, groot respek vir julle.
Far better is it to dare mighty things, to win glorious triumphs, even though checkered by failure, than to rank amongst those poor spirits who neither enjoy much nor suffer much, because they live in the grey twilight that knows neither victory nor defeat.
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #11 on: September 15, 2015, 09:42:32 am »
die spotwalla link was verkeerd. ek het hom reg gemaak. sal probeer nou nou verder skryf aan die RR
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline JJ259

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 199
  • Thanked: 7 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #12 on: September 15, 2015, 09:51:54 am »
Voorapoed  :)
The only impossible journey is the one you never begin !!
 

Offline JJ259

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 199
  • Thanked: 7 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #13 on: September 15, 2015, 10:01:28 am »
Sorry ek bedoel voorspoed.   :)
The only impossible journey is the one you never begin !!
 

Offline Committed

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Western Cape
  • Posts: 185
  • The flying southern cross
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #14 on: September 15, 2015, 10:10:27 am »
 :sip: :thumleft:
Fast moving , Forward thinking
 

Offline Herklaas

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Triumph (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,432
  • Thanked: 71 times
  • Do it, you only live twice.
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #15 on: September 15, 2015, 10:23:07 am »
 :sip: Eeeek wagggg.
Yamaha 50, Yamaha 400, 2 x Yamaha DR 350 LC, Honda CBX 550 F2, Honda TransAlp 650, Triumph Tiger 800 Xc,
Now 2015 Triumph Tiger 800 Xcx.and.. my favorite... 1996 Yamaha Tenere 660 5 valve single.And, the latest 1989 Yamaha Super Tenere 750.
 

Offline Red Adventure

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,038
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #16 on: September 15, 2015, 10:37:56 am »
Wow, something that's been tugging on my mind for a few years now :thumleft:
Cheers
Charl M Smit
Iron Butt Ride
Lesotho
 

Offline CoolBreeze

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 495
  • Thanked: 2 times
  • 'Live to Ride & Ride to Live'
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #17 on: September 15, 2015, 10:46:11 am »
Awesome stuff!! :ricky: :thumleft:
SUB SUB SUB :3some:
'One life, Live it...so...Live to Ride & Ride to Live' :)
F800GS, XT660R....and soon to add XR650L
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #18 on: September 15, 2015, 11:18:08 am »
Aangesien die eerste ent tot op Prieska maar bietjie ver was het elkeen 2l petrol saam gery net vir die wis en onwis. Ons het toe maar die ander manne se petrol gevat en gegooi toe ons hulle daar agterlaat terwyl ek so liter bere vir net as iets gebeur.

Ek en Wilrie ry toe maar verder via Niekerkshoop na Prieska op n baie slegte pad. Baie sinkplaat en groot klippe. Magtig maar daai groot klippe kan hard slaan op die suspensies, slaan amper windscreen in my gesig vas. Ook nie net dit nie daar was maar baie wild. Springhase en vlakhase het ons baie gekry, maar daai goed het meer lewens as katte, ek dink ek moes elke keer oor hul sterte gery het. Wilrie het n springhaas getref op die voet wat hy se nogal seer was. Hy het ook n Steenbokkie skrams getref en baie amper n insident met n Kudu bul gehad. Verder het oom Aubrey n uil teen die kop gehad en Wilrie ook nogal heel akrobaties van staan tot af buk n uil net net gemis het.Ek het net n klompie voŽls geslaan op die bike en amper ook n Steenbokkie. Philip het net vir mr klip geslaan oppad bosse toe...

Op hierdie pad het Wilrie toe n papwiel ook gekry waar n klip die Karoo 3 stukkend gesny het. Maar bygesÍ hulle was baie pap gery. Vinnig geplug en verder gery, tubeless bande is regtig nogal handig soms.

Net voor Prieska kry ek toe nou ook my eerste insident vir die dag en slaan neer in n draai. Ek reken ek was te vinnig op die harde grondpad met los gruis en my wiele gly toe onder my uit. Ek het nogal n hele ent so saam met bike geskuur en onthou nog hoe ek gedink het dat almal altyd se hulle het die bike weg geskop en ek kon nie verstaan daar hoekom nie, ek was nogal heel gemaklik so half op die bike terwyl ek op my rug skuur.

Ek was goed negatief met die val en sommer net neerslagtig want toe was dit nou al 6h en ons het nog net 370km gedoen. Ek het gesien hoe ons sou moes op die ou einde als gee en so baie opoffer en dan nie eers betyds kan klaar maak nie.

Prieska ingekom kry ons toe nou vir die eerste keer die Hilux wat maar kortpad gevat het padlangs. Hulle het nie orals saam gery nie veral nie die slegte paaie nie so toe ons hulle nou daar ontmoet was dit die eerste keer wat ons hulle sien. Dit het my dadelik weer hoop gegee. net soveel vriendelikke gesigte wat worsbrooidjies aan dra het toe nou nie die ding gedoen. Ek kon weer dink dalk gaan ons dit nog maak.

In the pics is Oom Aubrey looks like he has seen a ghost or is the ghost, plugging at night and refueling in Prieska. We had to use torches and headlamps a few times by now, definitely not something to forget when riding at night.
« Last Edit: September 15, 2015, 11:30:30 am by m0lt3n »
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline chicco

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Other
  • Posts: 5,610
  • Thanked: 283 times
  • Never give up.
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #19 on: September 15, 2015, 11:21:32 am »
 :sip:
KLR650, KTM 950, KTM 950S, KTM 990, KTM 990S, KTM 990R