Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 1610km in n dag, n laaaang dag (RR klaar, laat opdatering!)  (Read 17285 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #20 on: September 15, 2015, 11:33:08 am »
Dankie vir al die comments. Dit motiverend om te sien jou RR word gelees
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Lenny-man

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #21 on: September 15, 2015, 11:42:46 am »
Ons soek nog!!!!!!!!!!  ;D

 :thumleft: Well done aan almal wat dit probeer het..... Vat 'n paar knaters om dit eers te oorweeg  :thumleft:
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,044
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #22 on: September 15, 2015, 11:44:31 am »
Malmoere  :imaposer:  Lekker ek ry ook saam.  :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline MickeyT

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #23 on: September 15, 2015, 12:44:30 pm »
 :sip:  Lekker man, lekker!
"I drifted into photography like one drifts into prostitution. First I did it to please myself, then I did it to please my friends, and eventually I did it for the money." Philippe Halsman
 

Offline StuartC

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 750 Z Super
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,457
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #24 on: September 15, 2015, 12:47:25 pm »
You people must be some tough dutchmen,, I have a 300km/day limit
Life is too short to ride a Honda
 

Offline lj111

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,084
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #25 on: September 15, 2015, 01:13:26 pm »
:sip:  Lekker man, lekker!

As jy mal is ja :lol8:
Het al 1200km gedoen in n dag, nie gou of ooit weer nie :deal:
Dankie vir die deel :thumleft:
Ek is seker julle kan 2000km n go gee volgende keer :biggrin: :sip:
Some people feel the rain and others just get wet...
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #26 on: September 15, 2015, 01:47:49 pm »
:sip:  Lekker man, lekker!

As jy mal is ja :lol8:
Het al 1200km gedoen in n dag, nie gou of ooit weer nie :deal:
Dankie vir die deel :thumleft:
Ek is seker julle kan 2000km n go gee volgende keer :biggrin: :sip:


maar julle moet onthou dit is grondpad. grondpad is mos lekker en die gereelde op staan help nogal vir n seer gat.
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Oupa Foe-rie

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,847
  • Thanked: 5 times
  • Oom Foe-rie was hacked by a Mod.
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #27 on: September 15, 2015, 01:52:36 pm »
 :sip:
Yamaha XT1200Z ........... Take your soul everywhere and back
 

Offline BabyBeemer

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #28 on: September 15, 2015, 01:55:29 pm »
Respect - well done.
Bikes owned: Yamaha MR50, Honda MT5, Suzuki A80, Honda Transalp 700, BMW F650GS (Twin) BMW 800GS, Honda CBR300R, BMW F800R, BMW1200GS LC Sym Symphony 150 Current bikes: Another BMW 1200GS. BMWG310GS (For my son to learn on)
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #29 on: September 15, 2015, 02:11:34 pm »
Van Prieska af was die volgende stop Vosburg terwyl die bakkie kortpad weer sou vat Vanwyksvlei toe. Die pad was sommer dadelik stukke beter as vroeer en skielik kon ons 120kmph met gemak ry meeste van die tyd. Dit was nou net wat ons nodig gehad het ons was sommer vinnig lekker positief en kon net die pad geniet sonder om heeltyd op jou tande te kners as jou bike nog n groot klip slaan nie.

Intussen het ek begin sukkel met n voorwiel wat druk verloor het en ons moes so paar keer stop daarvoor. Gelukkig het ek n paintball gun 12ons bottel met n kraantjie gehad wat nogal wiele baie vinniger as n kompressortjie kon op pomp. mens sukkel net om te skat hoeveel om op te pomp elke keer.

In Vosburg het ons net vinnig gestop vir n foto om te help met die tracking. Gewoonlik word n ystergat bewys met petrol slippies maar blykbaar het n paar manne n roete probeer gesertifiseer kry wat hul nie regtig gery het nie so daar was ekstra fokus om soliede bewyse te gee vir hierdie roete van ons. Glo mense van Indie, ek dink nie hulle was baie skerp om so iets te probeer op Indie se besige paaie nie.

Vosburg tot Vanwyksvlei het dit nogsteeds goed gegaan waar ons toe weer die bakkie kry wat nou n ent sal saam ry. Die petrol stasie hier maak eers 8h oop. ek het toe maar gaan staan om n foto te vat van die toe hekke toe hulle oop maak en vir ons help.

Wilrie sien toe dat sy agterste lig se dop het los gebreek en ook het van sy topbox bracket se boutjies verloor. ons het nie eers probeer reg maak nie net afgehaal, op bakkie gegooi en weer gery. Natuurlik nog worsbrooidjies ook net eers weg geslaan.
Met die weg ry sien ek ek het die keer my voorwiel te hard gepomp, so 3bar maar die bike voel reg so toe los ek dit so. Miskien moes ek dit maar afgeblaas het daar al klaar maar nou ja...verbrande hout
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #30 on: September 15, 2015, 03:29:15 pm »
Die pad verder was steeds baie goed tot in Brandvlei waar ons nie eers gestop het nie en verder gery het Loeriesfontein toe. Ek was effe bekommerd oor die bakkie wat ons hier sou volg want waar ons n hobbel op 130kmph nog kon geniet het was dit n ander saak in n bakkie. En daar was baie hobbels.

ons het meestal elke uur of uur en n half gestop net om bietjie rehidrate te drink en fokus te reset. So dan ook wou ons net weg trek met so stop toe die bakkie aan kom en Jean my nader roep en se ek moet kyk of daar nie knoppe op die dak is nie, hul nekke is bietjie seer.

Daar was minder blomme in die area as wat ek gehoop het voor wat nogal jammer is, natuurlik werk dit ook so dat jy blomme sal sien, besluit om stadiger te ry om by volgende blomme te stop vir n foto en dan skielik het dit opgedroog. Maar ek kon darm n half okay blomme foto kry, of blom foto.

Volgende stop was op Loeriesfontein wat ek nou al lankal wou besoek en een van twee scenery stoppe gebeplan was vir die roete. ek wou sien wat gaan aan by die windpomp museum. Ons het daar gestop en net so buite langs geloer aangesien daar nie eintlik tyd is nie maar ek het regtig gedog daar sal meer windpompe rond staan. Maar nou ja, ons het maar gaan petrol gooi en nog worsbrooidjies geeet. Die bakkie was ook maar leeg aangesien hy moes werk om by te hou op daai mooi paaie.

Loeriesfontein was so 870km van huis af terwyl ons nagenoeg 900km oor gehad het en dit was al na 11vm. Ons was redelik in lyn met tyd maar ek het geweet die laaste 300km se slegte paaie wag vir ons. Dit het maar geknaag in my agter kop soos ons aan druk.

Volgende was Kliprand waar daar net mooi niks aan gaan nie maar ten minste het die paaie mooi gebly. Besonders mooi. Dit was van die begin af die plan om te kom tyd terug wen op hierdie paaie en ons het goed gedoen. Met redelikke gemak kan jy 130 heel pad ry. selfs die bakkie het nie meer nodig gehad om te pasop vir hobbels nie. Die R355 is die langste grondpad in Suid Afrika wat ons hier n stuk van gery het.

Ons het probeer min stop hier maar kan dit nie te ver druk nie. Ek reken as jy hard druk tot jy goed moeg is heslrstel jy nie vinnig nie. Dit n fyn lyn om sontot net op daainrand te ry en te weet wanneer jy moet stop maar ek dink ons het dit okay reg gekry.

As ons sou stop sou die 3 in die bakkie vinnig uit spring en koue water aan bied met n smile. Mens kon sien hulle geniet ook die grondpad terdee saam n bietjie natuur. Ons sou maar vinnig asem skep, paar fotos neem, water af tap, nog n worsbrooidjie af sluk en weer verder ry. Gemoedere was hoog en ons was voor skedule
« Last Edit: September 15, 2015, 03:56:23 pm by m0lt3n »
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Red Adventure

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,038
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #31 on: September 15, 2015, 03:38:28 pm »
I don't think that this kid of mileage should have been done on deflated tyres, even if it makes the ride softer, the heat build up will destroy the tyres.

One quickly gets used to hard tyres on gravel if they are the right tyres.  :3some:

But that said, huge respect to you guys for finishing this. I don't think many people will comprehend just what it takes to do a Dusty Butt :thumleft:
« Last Edit: September 15, 2015, 03:40:03 pm by Red Adventure »
Cheers
Charl M Smit
Iron Butt Ride
Lesotho
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,044
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #32 on: September 15, 2015, 03:39:46 pm »
Wat het intussen van  Oom Aubrey geword... eweskielik is julle net 2 bikes oor lyk my. 
Of het ek 'n episode gemis ? :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #33 on: September 15, 2015, 04:00:32 pm »
I don't think that this kid of mileage should have been done on deflated tyres, even if it makes the ride softer, the heat build up will destroy the tyres.

One quickly gets used to hard tyres on gravel if they are the right tyres.  :3some:

But that said, huge respect to you guys for finishing this. I don't think many people will comprehend just what it takes to do a Dusty Butt :thumleft:

I am of the opinion that heat buildup isnt an issue on gravel. my rear was 1.8bar with no issues. E07.
In the past I have once thrown knobbleys off of a E07 after a high end run on tar at 2.8bar. And of course had to at least see what happens on these nice roads...tyre was fine at 1.8bar.

But then, the hottest we had was 31

Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #34 on: September 15, 2015, 04:02:47 pm »
Wat het intussen van  Oom Aubrey geword... eweskielik is julle net 2 bikes oor lyk my. 
Of het ek 'n episode gemis ? :imaposer:

Woody ek wou nog mooi dankie se in die opsomming!

Maar hy het sy trip opgeoffer vir Philip waarvoor ons baie dankbaar is. Hy self het ook die vorige naweek n opwarmings ent gaan ry, ook bietjie gym weer besoek en ook seker gemaak sy bike is reg so dit was n groot opoffering.

Ons sal dit maar net weer moet doen...
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,044
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #35 on: September 15, 2015, 04:18:31 pm »
 :thumleft:
Ek het daai amperes skoonseun van my vertel wat daar op Kathu werk.

Maar hy maak nou klaar en gaan Ghana toe en daai naweek het hulle begin terug trek Springbok toe.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Namakwalander

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #36 on: September 15, 2015, 07:16:16 pm »
Knapgedaan kerels. Martin, toe jy my aanvanklik vertel het van die ystergat het ek self ook begin sommetjies maak en gou agtergekom dat dit n baie baie lang dag sal wees. Ek is tog spyt ek kon nie ook deel uitmaak nie.

Op daai Loeriesfontein grondpad het ek self in een trip my bakkie in die lug gehad. Dank Vader kon ek hom op sy wiele hou.

Ek hoop ook Philip herstel gou.
Born to be Mild
 

Offline Klein Torkar

Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #37 on: September 15, 2015, 07:30:43 pm »
Wil gedoen wees, ry lekker saam
 

Offline Tommyknocker

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 89
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #38 on: September 15, 2015, 07:45:31 pm »
Sub
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,339
  • Thanked: 249 times
Re: 1610km in n dag, n laaaang dag
« Reply #39 on: September 15, 2015, 07:48:01 pm »
So toe nou van Kliprand se kant af het ons verder gery Pofadder se kant toe. Steeds was dit baie goeie teerpad highway en het ons goed tyd opgemaak. Net voor Pofadder het ons regs gedraai Kenhardt se kant toe na ons petrol van die bakkie af gekry het. Dit sou die eerste van twee Jerry kan petrol stoppe wees maar het darm lekker vinnig gegaan en ons was weer op die pad.

Die pad na Kenhardt was nie meer so goed nie maar steeds heel okay en stukke kon ons steeds 120kmph handhaaf so ons was heel vrede met die vordering. Tot ek my tweede flater vir die dag begaan het wat sekerlik die grootste val van my twee wiel loopbaan was en hopelik ook nie later oortref sal word nie.

Maar eers dat ek nog van die laaste fotos by sit voor ek uit brei
« Last Edit: September 15, 2015, 07:52:38 pm by m0lt3n »
Dooie visse gaan saam met die stroom...